Probiotika vir diere
Probiotka vir troeteldiereEienaar se begrip van probiotiese bakterie Voorkomende Gesondheid vir Troeteldiere Daar is 5 spesifike groepe probiotiese bakterie wat van belang is by troeteldiere. Klik op onderstaande skakels om die probiotika of lewegewende bakterie se waarde in die Literatuur te beskou. Lees gerus ook ander artikels in die verband op. Die probiotiese bakterie is; 1. Enterococcus faecium Rol van bakterie in diere se spysverteringstelsel. Soos by mense, is goeie bakterie in die spysverteringskanale van enige troeteldier van groot belang vir hul gesondheid. Sonder hierdie lewendgewende bakterie in hul dermkanale, waar hul ook soos by mense, +- 70% van hul immuniteit opbou teen allergente van die omgewing soos gras en stof, voedselproteien, parasietspeeksel soos by vlooie, stof en bedmyte, ens. Sonder +- 80% van hierdie bakterie in ‘n dier se spysverteringstelsel, kan hul die volgende siektetoestande en simptome ontwikkel. 1. Diaree Hierdie is net enkele van die probleme wat daagliks op die Facebook Blad Pierre@ Dieregesondheid gevra word. Energie ‘n Troeteldier sal sonder die funksionele probiotiese bakterie beperkte lewenslus en energie hê, omdat gebalanseerde voeding nie optimaal verteer en in voedsel (energie) omgesit word nie. Pierre@ Diere Probiotika formule Probiotika, soos voorheen in ander algemene skrywes uitgewys is, is in ‘n vloeistof wat ryk is aan vele groepe lewende probiotiese bakterie om gesonde en goeie bakterie tellings in die spysverteringskanale te vestig. Daar is soos voorheen genoem vele probiotiese produkte op die mark. Dit bly die troeteldiereienaar se goeie reg om ander probiotiese produkte te gebruik en te ondersteun. Die doel van die skrywe is om enige diereliefhebber bewus te maak van die waarde en voordele van probiotika vir sy troeteldier. Vir die rede sal hierdie produk nie as “Nommer een”of as “Die beste produk”op die mark beskrywe word nie. Of dit enigsins opeis as die beste nie. Kort beskrywings van die voordele van die probiotiese bakterie in die Pierre@ Diere produk 1. Enterococcus faecium Ander funksies, soos gegee in die skakels bo, word die belangrikheid van hierdie bakterie onderstreep wanneer dit; 2. Bacillus coagulans Hierdie probiotika verhoog ook die algemene gesondheid van plaasvee, varke, pluimvee, voëls om gisinfeksies en swamme se ontwikkeling te inhibeer in hul reproduktiewe stelsels. 3. Bifidobacterium animalis AHC7 Bifidobacteria word as die “koloniseerders” van die spysverteringstels gesien en is ‘n integrale deel van ‘n die probiotiese bakterie wat bestaan in die hele spysverteringstelsel bestaan. Hierdie bakterie speel ook ‘n rol by inflamatoriese toestande en idiopatiese honde diaree. Hierdie groep bakterie het in toetse gewys dat hul aan die epiteelselle of “Gut lining” van die dermkanale heg, geweldig vinnig vermeerder en die groepe negatiewe bakterie wat diaree in toetse diere in geheel beskerm het teen salmonella infeksies. Die groep bakterie het verder goeie potensiaal om akute diaree te verminder en is besonder doeltreffend om ander groepe bakterie te vermeerder. Dit word in die Literatuur beskou as een van die belangrikste bakterie in diere se gastro-intesinale gesondheid. 4. Lactobacillus acidophilus By die gebruik van hoë dosisse antibiotika is dit belangrik om herstellende probiotika in te neem om weer die groepe bakterie in die ingewande te koloniseer. Hierdie regiment van bakterie het vir beide mens en dier baie belangrike gesondheidswaardes en eienskappe. • Die vermoë om acidocin CH5 en L. acidophilus bacteriocin te produseer wat verskeie anti-swam en fungi eienskappe het. Lactobacillus acidophilus 5. L. rhamnosus, L. fermentum, L. reuteri en L. salivarius L. salivaris is n prominente bakterie veral waar diere met stink asems rondloop. L. reuteri is prominent in die voorkoming van spysvertering ongesteldhede en infeksies. Verskeie studies wil beweer dat multi-samestellings meer effektief is as enkelgroep probiotika teen ‘n verskeidenheid gesondheidsprobleme. Siektetoestande soos diaree, “irritable bowel syndrome” of kroniese maagongesteldheid, lugweginfeksies, atopiese velkondisies, mineraaltekortkominge, verminderende vatbaarheid teen bakterie en skadelike patogene wat in die lug voorkom, en vele gastro-intestinale infeksies wat negatief op n dier se gesondheid inwerk. Gesondheid met gesonde getalle probiotika in die spysverteringstelsel, laat mens en dier met verhoogde energie. Pierre van Niekerk © |
Back | Back to top |