Introduction

The information in this document is for educational and general purposes only and should not be construed as medical advice or a substitute for medical treatment. Readers should always consult appropriate and qualified health or medical professionals about specific medical problems and issues relating to personal wellbeing.

The author does not accept any responsibility for harm or loss which may result from failure to consult with the appropriate health authorities, and readers assume the risk of any such injuries that may arise from these circumstances.


Velsorg en velveroudering by mense

Agtergrond

Velsorgprodukte is ‘n multimiljard Rand bedryf. Mans en vroue wil nie oud word en of in die openbaar verskyn wat ander die indruk gee dat hul oud en afgeleef is nie. Vele duur produkte beweer dat hul die verouderingsproses kan vertraag en of verstadig.

Die doel hier is nie om ander se redes vir bestaan te bespreek nie, maar die redes wat gelei het tot die ontwikkeling van die Pierre@ Natural Health kolostrumproduk.

Pierre@ Natural Health gaan hoegenaamd nie beweer dat hy die produk ontwikkel het nie. Dit is gewoon glad nie waar nie. Kolostrum is deur Moeder Natuur self ontwerp.

Die gedagte aan ‘n eie unieke kolostrum balm het onstaan toe daar besef is dat als wat nodig is vir byna volledige velsorg en wondherstel, binne die natuurlike formulering van kolostrum te vinde is. Daar was net 3- in- een vraag by die samestelling van so ‘n unieke Suid Afrikaanse produk betrokke.


  1. “Hoe kry mens die volheid van kolostrum se duisende voedingsfaktore en helende eienskappe ontsluit en funksioneel op mens en dier se vel wat versorging nodig het.
  2. By mense wat velveroudering wil teewerk.
  3. Waarmee kan dit in ‘n balm omskep word wat nie weens die hoë proteieninhoud en aminosure in kolostrum gis en swamgroei gaan meebring nie?”

Hierdie Pierre @ Natural Health is in ‘n onafhanlike laboratorium getoets vir juis dit in sy samestelling.

Kolostrum se gesondheidswaardes word in meer as 19 000 wetenskaplike artikels gepubliseer in erkende bronne van publikasie soos www.pubmed.com.

Kom ons kyk na enkele faktore wat velskade veroorsaak en of betrokke is by die individu se persoonlike veroudering.

  1. Stres, woede en bekommernisfaktore
  2. Verkeerde diëet en higiëne
  3. Slegte persoonlike versorgingswaardes en gewoontes
  4. Genetiese faktore.
  5. Medisynes se newe-effekte wat velverdunning veroorsaak, maklike bloeding,
  6. Drankgebruik en rookgewoontes.
  7. Die Suid-Afrikaanse son, wind en droë weer wat die vel uitput en verdroog dat ‘n persoon ouer lyk as sy biologiese ouderdom.
  8. Lugbesoedeling, petrol, diesel en ander chemiese molekules wat vrylik in die lug wat ons inasem vermeng is en wat mikroskopies neerslag vind in die gesig se lewende selle .
  9. Vetverlies in die gesig en wangbene, oë, neus en nek wat mense ‘n “droeë kopbeen” en vermaerde skelet-effek gee.
  10. Beenverlies in die gesig weens ouderdom.

Daar is sekerlik nog.

Die punt is elke mens is elke dag blootgestel aan ‘n verskeidenheid faktore wat negatief op hul gesondheid en hul voorkoms inwerk wat die ouderdomsproses versnel.

Die volgende faktore in kolostrum het meegebring dat daar aan kolostrum as faktor gedink was in ‘n gesig en velproduk. Net enkeles word hier genoem. Daar kan waarskynlik nog meer wees.

Die volgende bewysbare faktore in gehalte kolostrum het die Pierre@ Natural Health se gedagte aan ‘n natuurlike balm in die lewe geroep. Net enkeles word nou genoem. Klin op die skakels as u meer daaroor wou oplees.


Belangrike eienskappe van belang by kolostrum as velversorgingsproduk.

  1. Kolostrum is die enigste natuurlike produk bekend in die Literatuur wat ‘n natuurlike voedingsbron is van die DNA se telomerase, wat die DNA van die vel instaat stel om te vernuwe en te verjong. Telemerase op die DNA, voorkom dat DNA stringe korter word, wat die direkte oorsaak is van velveroudering. (Proses sal deeglik verduidelik word)
  2. Telemerase stel ook onbeskadigde selle instaat om hulself te repliseer en identies te regereer met hul vervanging.
  3. Kolostrum bevat ook die epiteel- of epidermisgroeifaktor (EGF), asook die insulien-soortige groeifaktor (IGF-1), wat selle herstel en nuut regenereer. Die groeifaktore EGF en IGF-1 is belangrike rolspelers by wond herstel, veral na operasies en velongelukke, sonbrand en brandwonde.
  4. Kolostrum is ook bekend vir die hoeveelhede laktoferien wat daarin te vind is. Laktoferien is ook betrokke by die stimulasie van die immuunrespons wat by wonde en velontstekings betrokke is. Die laktoferien in die balm sal dus die vel se immuunrespons verhoog en vinniger herstel meebring veral by ontsteekte velkondisies soos aknee.
  5. Kolostrum het ‘n belangrike rol te speel by die herstel van die “Leaky gut” sindroom. ‘n Toestand waar dermvog deur die derms lek terug in die liggaam in. Hierdie skadelike vog vol bakterie lei tot toestande soos chroniese inflamasie, verskeie allergiëe, veltoestande, breinsiektetoestande, gemoedsversteurings en kroniese outo-immuunsiektes geassosieer met veroudering.
  6. Kolostrum word ook in die Literatuur beskrywe dat dit die liggaam natuurlik detoksifiseer.
  7. Die groeifaktore in kolostrum word in sommige Literatuur as tot 40 keer meer kragtig beskou as menslike kolostum en die helende faktore daarin word suksesvol op hardnekkige oop en besmette wonde vir heling aangewend.
  8. Kolostrum stimuleer ook die natuurlike menslike groeihormoon wat nou betrokke is by die regulering van liggaamsvloeistowwe, beengroei, spierontwikkeling, suiker en vet metabolisering.
  9. Kolostrum stimuleer ook die immuunsisteem om die effek van vrye radikale en skadelike velmikrobe wat op die vel mag land, te minimaliseer en skadeloos te stel
  10. Laastens, kolostrum bevat geen sintetiese produkte nie. Dit is n produk van Moeder Natuur self. Dit stimuleer die produksie van kollageen, die proteien wat tussen selle voorkom wat selle intrasellulêr verbind en sterk hou.

Elke een van die bogenoemde stellings sal in n skrywe ter verduideliking met nodige Literatuur en ander bronne geskryf word.

Pierre van Niekerk ©

Back Back to top