Velsorg: Pierre@ Natural Health Antioksidant room.

    Daar is n paar basiese begrippe wat mans en vroue moet verstaan by velsorg. Die mense wat hiervoor omgee. Daar is letterlik derduisende produkte en beloftes van verjonging en jeug wat ander belowe.

    En dan gebeur daar net mooi min tot niks.

    Soos met al ons produkte, verduidelik ek graag hoe en waar ek aan my goed se bestaan en ontstaan kom. Dit is maar net my persoonlike redenasie. My goed mag nooit 'n verkoopstriek lieg en wonderwerk belowe en, jy verstaan nie wat jou rol is en wat jou vel se unieke situasie is nie.

    My goed moet aards en rou- eerlik wees. Dit moet mens en dier dien. Mens en dier nie sien as iets wat uitgebuit en verniel moet word nie maar as 'n voetspoor van my menswees.

    Dit is dit. Kom ons loop die pad. Kom ek verduidelik in eenvoud my kop se dinge oor die rede en bedoeling van die salf. Wat ek beter sal beskrywe.

    Die persoon wat sy vertroue in my produkte wil plaas, moet die volgende doen.


    1. Jy moet jou vel ken.

    2. Jy moet jou tipe vel se tekortkominge, foute en uitdagings verstaan. Dit ken. Ons moet n Plan A en B en C hê om jou liggaam se komplekse uitdagings aan te spreek.

    3. Jy moet weet jy is uniek. Die enigste een in die hele wêreld. Jy het hormone wat n rol speel, jy het pH funksies op jou vel wat n rol speel, water-inname wat n rol speel, stressors soos stres, swak voeding, suiker, verkeerde dieët, stysels wat 'n funksionele en dsfunksionel invloed op jou organe het wat hul weer op jou vel skrywe sodat jy kan sien en hoor wat en waar is die probleem. Gaan dit vir jou wys.

    4. Jy moet ook jou organe se funksies/disfunksionele funksies verstaan om jou veluitdaging aan te spreek anders, gaan jy nooit jouself mooi kry nie. Jou vel versorg kry nie. Jy gaan oud word. En klomp geld gespandeer. Niks werk nie.

    5. Jy verstaan ook nie wat jy moet doen, sodat jy die Pierre @ Natural Health se Kolostrum Balm, in sy volheid op jou vel loslaat om als, als wat Moeder Natuur vir jou gegee het, instaat stel om vir jou te werk en beste natuurlike en montlike sel- en velvernuwing te bewerkstellig nie.

    Daar is nog meer. Ek sal dit iewers beter beskryf. Ek dink julle almal wil dalk nou glo waar ek vandaan kom en hoe ek dink.

    Die Pierre @ Natural Health Anti-oksidant se bedoelinge in kort.

    Enige tipe vel, soos bo beskrywe, is uniek en reageer anders, individulee en uniek teenoor die omgewingsfaktore.

    1. Die son
    2. Die wind se uitdroging.
    3. Die tipes olies en velsorg produkte op jou vel, wat niks anders is en word as versamelnet van vrye radikale wat in die lug en wind ronddwaal en waai. Dit opvang en teen jou vel vashou nie. Heeldag lank!

    Dit is;

    4.1 Stof
    4.2 Petrol en dieselrook
    4.3 Indutrieële chemiese afvalstowwe van fabrieke
    4.4 Nikotien wat 2000 vrye radikale per sigaret bevat


    Ek kan nog aangaan. Maar hiervoor het ons reeds 'n gesigsseep met baie lae pH ontwikkel, met n room of waterbasis. Daaroor later.

    Dan stres jy ook nog en skei jy waarskynik weens swak bloedsomloop ook nie al jou afvalstowwe van jou selle genoegsaam af na jou lewer en dikderm toe nie.

    Dit sit vas in jou gesig en nek of waar ook al.

    Hierdie salf het ek saamgestel om al die bogenoemde op te vang. Afvalstowwe en vrye radikale binne die selle los te maak. Te neutraliseer. Die vel se pH te herstel en te normaliseer. Om die teikenselle wat veroudering wys, te ontgif en vor te berei sodat jy die beste voedingsbalm op aarde wat Moeder Natuur self saamgestel het op jou gesig kan loslaat. Om vir jou te werk.

    Hoe kan jy my vra hoe lank los jy dit op voor jy dit afspoel en die balm opsit?

    Ken jou vel. Ken jou vel se tekortkominge en of probleem en dan sal jy self weet hoe lank is jou ideaal. Ken jou liggaam en ken jou organe. Ken jou pH. Want die voedngstowwe trek heeltemal in. Net afvalstowwe bly los en agter.

    Dit is nou 'n eenvoudige man se redenasie? Maak dit enigsins sin vir 'n vrou?

    Daarom eers ons Pierre@ Natural Health Antioksidant

    Back Back to top