P@D Collageen

    Die Pierre @ Natural Health Kollogeen samestelling.

    Ons kollageenproduk het ek saamgestel uit 3 natuurlike produkte. Ek beskrywe eers die eerste byvoeging.

    Ek sal dan ter wille van mense se onsekerheid als verduidelik in 'n laaste skrywe. Wat die samestelling se logika sal verduidelik.

    1. Krematart of Baobab.

    Kremetart in die Pierre@ Natural Health Kollageen Kapsules is doelbewus daarin geplaas. Die Wetenskap het bevind dat die kremetartboom se vrug, ‘n ongelooflike natuurlike bron bevat van natuurlike kalsium (CA) magnesium (Mg) potassium (P) B-kompleks vitamienes, en ook in drankies, baie hoog is aan natuurlike Vitamien C.

    Kremetartprodukte word ook wyd in die skoonheidsindustrie gebruik. Kremetartolie is ryk aan versadigde, mono-versadigde en poli-versadigde vetsure met ‘n ongelooflike natuurlike hoeveelheid Omega 6- olie van ongeveer 30%.

    Een van die oksidant-elemente in kremetart (β–sitosterol),wat in die Wetenskap as ‘n baie sterk anti-oksidant beskrywe word, word gebruik wyd gebruik/ of funksioneel in die herstel van beskadigde DNA in selle.

    Die toevoeging van kremetart as produk by ons, die Pierre @ Natural Health kollageen produk, (saam met pynappel of bromalien) het spesifieke doelwitte en uitsette as kombinasie met kollageen, wat ook beskrywe sal word.

    Herstel en vervanging van DNA beteken selle wat weens son, toksiese eksterne elemente, radiasie en natuurlike selfvervaardigde vrye radikale skade opgedoen het.

    Kremetart bevat ook Vit A, wat herstelwerk van selmembrane meebring, asook Vit D3 en ook Vit K.

    Kremetart word as byproduk gekies omdat dit vinnige kollageenvorming stimuleer en ook vinnige opname deur die liggaam by beskadigde selle. Veral velskade en rekmerke by geboortes, aknee, gewigsverlies en ook suksesvol by tandvleisontsteking.

    Kremetart word ook in salwe vir droë lippe, droë gebreekte hare suksesvol gebruik. En daarom word kremetart as byproduk gekies. Kremetart met al sy eienskappe se fuksie is om die epidermis elasties, soepel en bio-opneembaar asook bio-vatbaar te kry wanneer dit met ons reeks anti-oksidant en kolostrum balm gevoed word.

    1. Die eerste produk in die hierdie samestelling was die nuttige waardes van die kremetartvrug in on Kollageenproduk. Sien skrywe op die Blad

    2. Die tweede produk/byvoeging tot ons eie Kollageenreeks is die waardes te vind in Bromalien, of gekonsentreerde pynappelpoeier.

    3. Sal oor Kollageen self wees.

    Ek weet dit gaan verskeie mense aan die dink sit. Ek hoop so. Natuurlik dwing ek jou nie om my produkte gebruik nie. Of om hier te lees nie. Van die kritiek teen my Vrydagaand was dat ek "niks vir arm mense doen nie". Daar is soos in als, grense wat mens vir ander kan doen Grense in wat goed kos. Grense om te oorleef en om voort te gaan.

    Maar as hierdie skrywes en produkte nie die beste is om gratis en eerlike inligting en kennis, om gesonde bekostigbare produkte na gewone mense toe te bring wat erge behoefte aan antwoorde het in n baie uitdagende mediese tydperk in ons land nie, weet ek nie.

    Ek sal in Skrywe 3 oor Kollageen as produk praat. Dan sal ek verduidelik hoekom ek Boabad of kremetart en bromalien, (pynappelensieme) by kollageen voeg. Ek dink vele van jjulle sal die redes al amper met die skrywe kan aflei.

    Bromalien (Ensieme van Pynappel)

    Bromalien is ‘n “Disgestive” of miskien ‘n verteringsproteien/ensiem wat in pynappels gevind word. Baie mense gebruik pynappels om taai vleis sag te maak. Rasper die pynappel daaroor, laat lê vir n wyle voordat dit gebraai of gekook word. Dit laat taai vleis baie sag.

    In die geskiedenis van “Natuurlike Medisyne” en “Natuurlike Mediese Gebruike” het bromalien ‘n lang suksesvolle geskiedenis van aanwending. Bromalien, of dan gekonsentreerde pynappelpoeier, word as ‘n “Voedselaanvuller” beskou deur die FDA (ook bekend as die U.S. Food and Drug Administration (FDA.) en word in die Kategorie “GRASS” van die FDA geklassifiseer.

    “Disgestive” Proteien/Ensieme se belangrikheid
    Bromalien word gebruik met verskeie ander medisynes. Die “digestive” proteien/ensiem word aangewend om swelling te laat sak in ontsteekte wonde. Word ook gebruik om dooie vel op te vreet of te verwyder by brandwonde en word ook vir nasale ontstekings in die neus gebruik.

    Bromalien word gekies as byproduk in die Pierre@ Natural Health reeks, vir die “digestive” proteien/ensieme om verligtigting mee te bring by osteoartritus en inflamasie van gewrigte en spiere om ontsteking en inflamasie af te breek.

    Om pynappel te eet of die sap alleen te drink, voorsien NIE genoeg bromalien om effektief te wees nie. Medici sal bromalien as produk oorweeg as “digestive” hulp of vertering van voedsel in die spysverteringstelsel suksesvol te bevorder.

    Veral by pasiënte met ‘n geskiedenis van konstipasie of swak voedselvertering. Bromalien se natuurlike “digestive” ensieme sal die opbreek en afbreek van voedsel in die spysverteringstelsel verseker.

    Dosis Bromalien.
    Mense met ‘n geskiedenis van reaksie teen pynappel moet die produk liewers vermy of dit gebruik onder mediese toesig.
    • Bromalien word gemeet in “Gelatin Disgesting Units” per gram.
    • Dosisse van 80 tot 400 gram kan 2-3 x ‘n dag met veiligheid geneem word
    • Kan met maaltye geneem word of, op ‘n leë maag om mense wat irritasie of inflamasie in die maag of ontsteking in die maagwande te reduseer.

    Bromalien in Gesondheid

    Bromalien in die medisyne is ook as produk wyd bestudeer. Dit het veral twee velde van waarde
    • Dien as ‘n baie effektiewe natuurlike pynstiller, sagte weefsel swelling te bedaar en bring ontsteking ook in gewrigte onder beheer, soos in die geval van “gout”
    • Osteoartritus

    Osteoartritus
    Is ook bekend as “Degeneratiewe Gewrigsontsteking” en is waarskynlik die mees kroniese gewrigskondisie by mens en dier. Osteoartitus kan enige gewrig affekteer. Heupe, knieë, lae rug, vingers, tone en ook veral duime.

    By gesonde gewrigte word die einde die been bedek met ‘n wit, rubberagtige, gladde beskermingslaag wat as kussing tussen bene dien en as “Kraakbeen” bekend staan.

    Kraakbeen verskaf ‘n gladde beweging tussen bene.
    By osteartitus het hierdie kraakbeen afgeweer en skade opgedoen. Wat swelling, ontsteking, pyn en ongemak veroorsaak. Verweer, vererger oor tyd wat skade aan die been veroorsaak en vergroeisels veroorsaak wat in mediese terme as “Spurs” bekend staan.

    Stukke been of kraakbeen kan ook afbreek of afskeur en in die gewrig rondbeweeg of “float” wat erge ongemak en pyn veroorsaak, met gepaardgaande ontsteking.

    Wanneer dit gebeur reageer die liggaam/immuunstelsel deur proteiene en ensieme (cytokines) wat verdere vertering van die kraakbeen en been meebring, wat been op been meebring, erge pyn en ook ontsteking.

    Opsommend:

    1. Pynappel ondersteun die immuunstelsel
    2. Bevorder oogesondheid (Macular degeneration) en is ook hoog in Vit C en verskeie antioksidante
    3. Bevorder beensterkte en digtheid en
    4. Anti-inflamatoriese eienskappe

    Dit verduidelik dus in kort die rede en keuse van bromalien as byvoeding en bymiddel by die Pierre@ Natural Health Kollageen reeks.

    Pierre @ Natural Health Kollageen Produk. Deel 3

    Bestaan uit 70% Kollageen (Bovine) of dan bees., Pynappelpoeier of Bromalien 25% en 5% Kremetartpoeier.

    Hierdie is die laaste skrywe rakende kollageen. Of dan die Pierre@ Natural samestelling van ons eie Kollageenproduk. Lees asb wat ek daaroor geskrywe staan, want dan sal jy nie vir my kwaad word as ek nie tyd vind om dit te verduidelik.

    Ek sal als in Blog skrywe onder een stuk.

    Kollageen

    Sou die mens in pakkies van minerale, spoorelelemente, proteiën en ander elemente gedroog en geweeg sou kon word, sou daar gevind word dat kollageen die proteien is wat die meeste in die liggaam gevind sou word.

    Kollageen is die proteien wat in byna elke sel van die ligaam voorkom.
    • Spiere
    • Kraakbeen
    • Bloed
    • Bene
    • Ligamente en
    • Vel

    Kollageen is die een produk wat mens op vele maniere meer van sou wou inneem. Dit is een van die boustene in die liggaam wat;
    • Elastisiteit in die vel bevorder
    • Die gom of hegting tussen spiere en bene verseker en versterk
    • Organe beskerm
    • Struktuur verskaf aan gewrigte en senings
    • In die algemeen belangrike funksies in gesondheid ondersteun

    Die liggaam vervaardig self kollageen. Dit verminder egter moet ouer word en ouderdom en spierverswakking en spierverslapping word die gevolg daarvan.

    Leefstyl kan kollageenvervaardiging tot stilstand bring.

    Leefstylwaardes, soos nikotienopname, vuil omgewings met industriële rook, ongesonde eetgewoontes, te lang blootstelling aan die son en sonskade, blootstelling aan pestisiedes en of insektisiedes, fabrieksomgewing met vreemde gasse, petrochemiese afvalstowwe asook eie vervaardiging van vrye radikale kan die selfvervaardiging van kollogeen gewoon tot stilstand dwing.

    Kollageentekorte lei tot velskade, plooie, “sagging” onder die oë en hangende slap velle orals op die lyf. Daar kan ook genetiese redes en waardes wees waarom swak vorming en vervaardiging van natuurlike kollogeen nie plaasvind in die liggaam nie, wat gevolg het dat veroudering op ‘n natuurlike manier versnel.

    Die goeie nuus is, dat kollageen op verskeie maniere ingeneem kan word.

    Die Pierre@ Natural Health Kollageen verskil

    Die Pierre@ Natura Health kollageen word aangevul met die voeding asook ondersteunende waardes wat in die kremetartvrug, (Boabab) en pynappel (Bromalien) gevind word. Dit is belangrik om die waardes van die twee vrugte se bydrae in die vervaardiging, die stoor asook die belangrike opname van kollageen verbeter en waarskynlik maksimaal verseker.

    Enkele Voordele (lees self meer hieroor op)

    1. Gewrigspyne:
    Ouderdom speel 'n rol in die verswakking van kraakbeen wat tot artritis en gewrigspyne en ontstekings kan lei. Die ondersteuning van kollageen by nuwe kraakbeenvorming asook kraakbeeninstandhouding is 'n belangrike rolspeler om gewrigspyne te verminder. Ook om styfheid van spiere te verminder en kan 'n wesenlik bydrae lewer tot die voorkoming van artitus en artrituspyne en verwante simtome.

    • ‘n Studie van 2009 van 90 dae, het deelnemers kollageenaanvuller gegee wat van hoendernekkies gemaak was. Resultate het bevind dat 40% van die deelnemers ‘n drastiese vermindering van artritussimptome ervaar het, wyl 33% van die deelnemers geen tekens van artritus na die 90 dae proef gehad het nie.

    • In ‘n ouer studie van 1993, met 60 deelnemers met artritus, het 4 van die 60 deelnemers heeltemal herstel, wyl die ander ‘n wesenlike verbetering ervaar het van geswelde gewrigte en spierpyne.

    2. Kollageen in velveroudering
    Een van die bekende voordele van kollageen is dat dit natuurlike velgesondheid bevorder. Gesigs- en gelaatstrekke help vorm wat ‘n jeugdige gesondheid projekteer en ‘n praktiese vel meebring wat bio-elastiese waardes het wat werklik en natuurlik reageer as en wanneer dit versorg word.

    Maar, soos ouderdom intree, verminder natuurlike kollageenvervaardiging en die vel reageer deur plooie te kry, fyn lyntjies, oneweredige ph-balans toon, droogheid asook ‘n oormatige afskeiding van olies en sebum toon. Nog ‘n teken is rooiheid wat projekteer wat verkeerdelik gesien word as oormatige alkoholverbruik.

    Wat kan gebeur as gehidroliseerde kollageen geneem word?
    In ‘n 2014 studie, waar 46 van 69 deelnemers, (ouderdom 35-55 jaar oud) het die proef gehidroliseerde kollageen gegee om te gebruik. Die oorblywende vroue het ‘n vals produk (placebo-effek) onwetend ontvang.

    Al 46 persone het binne 4-weke ‘wesenlike vordering in vel-elastisiteit ervaar binne 4 weke en binne 8-weke ‘n wesenlike vermindering ‘n plooie ervaar het.

    3. Kollageen help met vetverbranding

    Kollageen is ‘n groot deel/komponent van waaruit spiere bestaan. Dit het daarom in die bou van soiere ‘n belangrike rol te speel. Kollageen bevat ook die amino-suur, “Gysine” of glisien wat belangrik is by die sintese van kreatien, (hare, naels, vel, ens). Kollageen kan dus ook die spiere gedurende strawwe oefening aanvuur wat kan lei tot vetverbranding.

    ‘n Studie in 2015 het persone (ouer mans met sarcopenia), die degeneratiewe verlies van spiermassa en skeletwaardes wat ouderdom verwant is, (‘n komponent van die “Frailty syndrome”) wat ook ‘n komponent van “Cachexia” kan wees, alhoewel ook onafhanklik kan bestaan.

    Cachexia is deel van die “wasting syndrome" waar gewigsverlies, spier-atropie, spierverslapping en spierverswakking asook die verlies aan eetlus, sonder rede plaasvind.

    Kollageen het ook ‘n wesenlike invloed op “Malaise”, wat beskrywe word as ‘n toestand van algemene ongemak, siektetoestande en irritasie wat nie maklik vasgestel kan word nie.

    Kollageenbyvoeding het in die studie van 12-weke, ondersteun met oefening, ‘n verhoging van vetverlies en vermeerdering van spiermassa gemeet.

    4. Selluliet Vermindering
    Selluliet is ‘n natuurdlike deel van ouer word. Is ook die gevolg wat 80-90% van vroue beleef en moet nie as doodsake beskou word nie. Selluliet is ‘n laag vet onder die vel wat die vel wegdruk van “connective tissue”, wat die dimpeleffek voorkoms op die vel veroorsaak.

    “Hoe om selluliet te voorkom en te vermindering”, is ‘n vraag wat vele vroue vra?

    Op die stadium blyk die mees suksesvolle behandeling vir selluliet is dat (Accoustic Wave Therapy) is. Kollageen gaan nie selluliet behandel of aktief verminder nie. Dit gaan wel die “connective tissue” tussen die vel en spier versterk wat ‘n wesenlike invloed behoort te hê op die voorkoms van selluliet asook veltekstuur gaan hê en behoort dus die voorkoms van selluliet te versag!

    5. Spysvertering Gesondheid
    Kollageen is ‘n belangrike komponent in die hele spysverteringstelse se “connective tissue.” Kollageen versterk die “protective lining” in die hele spysverteringskanaal.

    Hoekom is kollageen so belangrik in die dermkanale
    • Veral medikasie verander die verdedigingvermoë van die dermkanale se selle. Dit is die
    protective lining” wat die inhoudelike van die derms en die verroting en of spysverteringsprosesse in totaal moet sonder van die res van die liggaam se funksies.

    • Verskeie medikasie en selfs natuurlike produkte het ‘n vernetigende effek op die iggaam en dermkanale en veroosaak mikroskopiese gaatjies in die spysverteringskanaal.

    • Wanneer miksroskopiese gaatjies weens stres, medikasie en ander faktore die verdedigingslinie van die spysverteringskanale ontstaan, (Leaky Gut Syndrome of LGS) lek ongeprosesseerde partikels met skadelike verotte vog en bakterie terug in die liggaam in.

    • Land dus so weer terug in die bloedstroom en veroorsaak verskeie liggaamsreaksie, ook outo-immuunsiektes asook ‘n verswakte immuunstelsel weens die toestand.

    • Kollageen is in die spysverteringskanaal se “Connective tissue” en behoort wesenlike verligting te kan meebring by persone wat met (Irritable Bowl Disease) IBS gediagnoseer is.

    • Kollageen per se gaan nie “IBS” of Leaky Gut gesond maak nie.

    • Die rede vir kollageenbyvoeging tot mens en dier se dieet is om boustene tot die herstel van die spysverteringskanaal se skade betreffende kollageen se versterkingsrol in die beskermingslaag, beskikbaar te stel vir herstel en gesonde funksionering.

    Back Back to top