Search    

Behandeling van Wonde

{{item.currency}} {{pricing}}

Qty{{added}} Continue To Checkout

{{item.currency}} {{pricing}}
Qty

{{added}}    Continue To Checkout
{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Laat my toe om te sê, as ek die verduidelik, is dit in die lig om binne die Wet van Gesondheidspraktyke te bly en niemand se spesialisveld hiermee benadeel nie. Lees die woordjie "Nood" hierin.  Kom ek skrywe dan vir die wat vêr bly en nie naby 'n veearts is nie en jou dier het 'n bloeiende wond.

Wonde is baie traumaties vir vele mense wat hul groot laat skrik, maar wonde is iets waaroor jy moet kalm bly en jy moet onmiddelik twee observasies maak. Bly kalm en fokus op die wond se behandeling.

1. Is daar are af wat bloed uitpomp en dit pols uit.

Dit is moeilikheid as jy nie kennis het om are af te bind en die regte toerusting het om dit te doen en higienies af te bind nie. Iets wat jy moet leer is dan om 'n behoorlike drukverband te kan doen en toe te pas.

Daar kom 'n Pierre@ Dieregesondheid Algemene Noodhulpkursus in die verband iewers in 2015 uit. Hou asb die blad dop,

2. Is daar oop gapende velwonde, soos skeur of bytmerke.

Natuurlik sal dit bloei. Deppers en gaas en flou soutwater wat bedoel om 9 gram op 1 liter afgekoelde kookwater te wees. (Kan F10 ook gebruik, nie ander middels soos Dettol en Savlon nie)

2.1 Heel eerste maak seker dat jy n bekband het wat jy die dier se bek verhoed om te byt en te reageer.

2.2  Tweedens, omdat jy nie narkose kan doen nie, moet jy met sykouse sy bene ook styf verbind, nie die bloedtoevoer afsny nie, sodat hy nie kan weghardloop nie.

Was jou hande met seep en as jy het, gooi sommer peroksied op die uit of F10. Verkieslik het jy chirurgiese handskoene

2.3 Stop die bloeding heel eerste by die wonde wat die ergste bloei. Spuit die flou soutwater aanhoudend op die wonde sodat jy kan assesseer wat gaan aan. Pas met deppers druk op die wond toe en druk kort kort op dit om te kyk of jy met druk die bloeding kan beperk. In die verlede het ons Staaldruppels gebruik maar jy sal ewe goed slaag met Friars Balsem.

2.3. Hierdie is belangrik. By bytwonde word gewoonlik net enkele steke ingesit sodat die wond kan bly dreineer. Selfs oop gelos sodat daar nie infeksie onder die wond kan plaasvind nie.

2.4 Steke word in vele gevalle oudmodies. By jou gewone apteek kan jy steristrips koop wat steke in vele opsigte vervang. Maar hierdie is belangrik;

2.4.1 Al die hare moet groot rondom die wond afgeskeer word met n mansskeermes

2.4.2 Die wond moet goed met antiseptiese seep gewas word, selfs die wit koekie sunlighseep wat antibakteries is, verkieslik F10.

2.4.3 Die wond moet droog wees en die vel ook

2.4.4 Die wond moet nou goed en ruim op die vel met Frairs Balsem gesmeer word. Jy sal vind dit is taai as dit effe droog is.

2.4.5 Trek die vel nader na mekaar, nie heeltemal toe nie, los groter gate oop vir behoorlike dreinering en voorkoming van hematome en plak dan jou steristrips op die wond. Jy sal vind dit klou baie goed.

3.  Onthou nou dat baie bakterie suurstof afhanklik is. Jy moet hul nie vatplek en kans gee nie. Daarom het jy jou flou soutwater in jou sproeibottel en jy spuit die wond ten minste 2 x n dag af en werk ruim met jou Friars Balsem totdat die wond droog is vir 2-4 dae.

4.  As jy dit kan verbind, sal rou heuning vir jou baie werd wees. Maar dit moet toe wees sodat jy nie suurstofafhanklike bakterie vatkans kan gee nie en jy moet dit 2 x n dag vervang, sodat die heuning nie droog word en die gaas op die wond aan die wond droog word en jy al die nuwe groeie aftrek nie.

5.  Doen die heuning behandeling net as daar wel ontsteking is en plaasvind.

6.  Onthou nou dat stres n groot faktor is by lae immuniteit. Immuniteit en natuurlike weerstand is jou grootste vriend hier en die dier moet nou genoegsaam minerale en Vitamiene inkry in die vor m van kos, Blue Liquid en of Efazol en ander vitamien pille.

7.  Sou jy naby n veearts wees, sou hul vir jou dalk Doxydog voorgeskrywe het en jy moet die kursus voltooi. Is jy nie, voorkom stres en beperk beweging tot die maksimum.

8.  Gee die dier Allergex pille 1 pil 2 x n dag in om hom ontspanne en lomerig te maak, nie pynmiddels nie, want pyn is die Natuur se manier om n dier tot rus te dwing sodat sy wonde kan genees.

Belangrik

Geskryf deur Pierre van Niekerk. As algemene hulpmiddel vir die wat skielik wonde moet behandel tot en met die professionele hulp van hul veearts. Die gebruik van hierdie inligting is ook op eie risiko en Pierre van Niekerk sal nie verantwoordelik gehou word indien enige van die raad soos bo gegee, nie volgens plan verloop nie.