Search    

Waar begin my dier se gesondheid?

{{item.currency}} {{pricing}}

Qty{{added}} Continue To Checkout

{{item.currency}} {{pricing}}
Qty

{{added}}    Continue To Checkout
{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Waar begin my dier se gesondheid?

Dit begin by die gehalte en gesondheid van die bakterie en mikrobes en ensieme binne hul spysverteringstelsels. Enige produk, of antibakteriese of antibiotiese produk wat toegedien word wat hierdie ensieme se werkinge beperk en of ontwrig, plaas jou dier se gesondheid op risiko. Antibakteriese of antibiotiese produkte kan nie onderskei tussen goeie en slegte organismes nie.

Daar is twee hoofgroepe ensieme in jou dier se spysverteringstelsel;

Metaboliese ensieme:  Metaboliese ensieme funksioneer met die herstel van selgesondheid van organe is soos longe en lewer, hart en niere, die milt en pankreas en natuurlik die vel. (Sien laaste punt.)
Verteringsensieme:  Spysverteringsensieme werk hoofsaaklik in die spysverteringstelsel van jou dier.

Daar is hoofsaaklik 4 belangrike ensieme in die dier se spysverteringstelsel. (Ek los die Engelse beskrywings hiervan, ter wille van die wat die ensiem wil gaan Google.)

Protease – helps break down and digest protein
Amylase – helps break down and digest carbohydrates and starches
Lipase – helps break down and digest fat
Cellulase – helps break down fiber

Jou dier se gesondheid begin by hierdie ensieme, omdat hierdie ensieme die vermoë van die spysverteringstelsel ontsluit om vitamiene en minerale in die liggaam te kan opneem.

Wat gebeur as diere se "Digestive enzymes" of spysverterings ensieme in die maag en dermkanale ontwrig word?

Die liggaam gaan neem/ steel belangrike metaboliese ensieme weg van organe soos die lewer, longe hart en niere, asook die vel, om kos te verteer omdat dit 'n hoë prioriteit is in die oorlewingsbehoefte van die dier se liggaam.
Dit plaas die immuunsisteem onder druk en maak dus die dier vatbaar vir vele siektes.
Dit bring onvoltooide vertering van voedsel mee en veroorsaak dat gedeeltelik verteerde partikels van die kos direk in die dier se bloedstroom opgeneem word vanuit die groter ingewande.
Die liggaam op sy beurt reageer negatief teenoor hierdie onverteerde partikels en hierdie veroorsaak in vele gevalle die rede waarom diere nie maksimale gesondheid geniet nie.

Hoekom is ensiemtoevoegings en bewarings vir jou diere belangrik?

Omdat ensieme in elke lewende sel gevind word en speel kardinale rolle in elke lewende sel van die liggaam. Ensieme is klein proteien-partikels wat direk funksioneel is in die liggaam se metabolisasie, energie produksie, detoksifisering en miljoene ander biologiese prosesse in die liggaam.

Ensieme is nie net belangrik in die spysvertering van jou diere nie. Dit is ook belangrik vir die volgende funksies in jou diere se liggaam;

Die immuunsisteem
Die opname van vitamiene en minerale in die liggaam
Normale liggaamsgewig en voorkoming van "cravings" of kos behoeftes
Bevorder gesonde en 'n funksionele asemhalingstelsel, bloedvatstelsel

5 Verminder kleinere voedselsensitiwiteite

Bevorder normale selfunsies en groei en herstel daarvan
Bevorder gesonde tande en tandvleis

8 Bevorder gesonde cholesterolvlakke
9. Voorkom "bloating", gasse, winde, hartprobleme en konstipasie
10. Bevorder velgesondheid en herstel velprobleme en velirritasies
11. Help met die voorsiening van energie
12 Voldoende opnames van voedsel en nutriente
13 Detoksifiseer die liggaam
14 Beter beweging van gewrigte en ander ledemate.

Wanneer iemand vir jou n aanbeveling maak met medisyne, of aannames wil rugsteun met Literatuur, lees weer hierdie stuk. Lees die pamflet en dink bietjie wat dit aan jou dier se ensieme (gesondheid) maak.

Raadpleeg ook ander wat omgee wat jy doen. Gebruik medisyne net op kundige aanbeveling en neem dan verantwoordelikheid vir die stille skade wat jy doen om dit ook te herstel.