About Us


Scorpion Merk III

Die Scorpion Dipstel is ontwikkel om bosluis en wurmbeheer op wild te doen. Dit is ‘n meganiese dipstelsel wat ontwikkel is om dipstof baie spesifiekeliggaamsposisies uit te laat. Bosluise se voorkeuraanhegtingsplekke bepaal  self die redes waarom genoegsame dosis dipstof op hierdie metode en op hierdie posisies uitgelaat moet word.

Die Scorpion is ‘n geseëlde en vooraf  gekalibreerde eenheid van ongeveer 700mm x 500 mm en 300 mm hoog. Die toestel  word ondergronds in ‘n hek, draaddeurgang  of toegekampte passiewe vangkraalarea  begrawe. Bo-op die toestel is ‘n enkele paal  geplaas om te sorg dat die dier op die toestel  trap.

Fig 1. Literatuur samestelling

Aktivering

Minimale drukking op trap, ongeveer 2 kg, op enige plek van die 700 mm x 500 mm aftrapplaat, veroorsaak n defleksie van 5 mm van die plaa. ‘n Berekende dosis dipstof word direk teen die lyf geluidloos in die dier se beweging oor die lyf verplaas.
Die Scorpion sal met elke aftrap 13.6 mm vrylaat. Hierdie hoeveelhede kan in die vervaardigingsproses na ander spesifieke dosisse ingestel word om bees en skaap te akomodeer.

Posisionering van die dipuitlating

Posisie 1: Om voldoende dipstof op die skof uit te laat om rooipoot en bruinoorbosluise om die ore te beheer.
Posisie 2: Om bontbosluise asook bontpootbosluise wat skade doen aan die sterte, geslagsdele en uier  te beheer.
Toediening: Die toediening is onmiddelik, geluidloos, en direk op die lyf.

Installering: Die gat

  1. Grou ‘n gat in die ingang van ‘n boma, drukgang, hek of kraal van sowat 800mm by 700 mm by Vul die gat met riviersand en maak dit gelyk.
  2. Plaas die dipstel binne die gat, sodat dit sowat 20-30 mm onder die normale natuurlike grondoppervlak sal wees.
  3. Vul die kante ook nou met riviersand en stamp liggies vas.
  4. Maak seker dat die pype nie met grond en ander materiaal vuil word nie, want dit sal die drukkleppe se werking beskadig.
  5. Meng riviersand met die natuurlike grond van die omgewing en begrawe die dipstel heeltemal, sodat die dipstel sowat 30 mm onder die grond versteek is.
  6. Trap op die dipstel en luister of die spuitkop waar die dipstof moet uitkom, wind blaas en om seker te mak die dipstel i nie ongelyk in die gat nie.

Dipstel in die grond.

Dipstel ingebed met riviersand.

Die pype

Die dipstel is met 2 pype toegerus. Pyp 1 is die toegerus met n sproeikop. Dit moet op ‘n hoogte net bokant die grootste bok se rug, verkieslik in ‘n loshangende doringtak opgestel en versteek word.

Dipsproeikop.

Dipstofhouer:

Die inlaatpyp word direk in die dipstof houer geplaas waarin die dipstof aangekoop is. Die dipstel sal self die dipstof insuig duer die sisteem.

Dit is altyd beter om van gravitasie gebruik te maak op welke manier om die sisteem met dipsteof vol te hou. Die voorstel word gemaak dat dit in ‘n koelhouer van soorte geplaas word, waardeur n gat geboor is wat net die pyp se insit en uitlaat sal akkomodeer.

Dit kan ook gewoon in die koelte gesit word en sodar die diere klaar gedip is, word die houer van die dipstel weggeneem en eers weer by diptyd teruggebring.

Belangrik:  Verhoed ten alle tye dat dippe aan direkte sonlig blootgestel word.

Ultravioletstrale vernietig die aktief en sommige produkte wat dipstof in die grond aanhou, word aan grondteperature van  50 grade Celcuis + aangehou.  Dipprodukte wat aan hierdie temperatuur blootgetsel word, kan in samestelling verander en die aktiewe wat bosluise of wurms moet beheer, word vernietig.Boonop brand die dipstof n dier ook as hy daarmee raakgespuit word.

Daar word voorgestel dat dipstof in hul eie houer laatmiddag opgestel word en die dipstel geaktiveer word, veral as diere gewoond is om laatmiddag voer te kry of water te kom drink.

Kan in natuurlike wildpaadjies wees, waar die opening aangepas word om vinnige beweging te verhoed.  (Sien skets), waar diere om pale wat geplant is moet beweeg om die boma se ingang in te gaan.

Dipopstellings

Voorbeelde van vorige installasies is te sien in die fotos. Groot sukses is met hierdie opstelling bereik om bosluise op elande te beheer net met ‘n enkele lek as lokmiddel.

Nuwe generasie dipopstellings het bewys dat wild se loopspoed as volg beperk kan word deur die hek se ingangpale met ‘n meter vorentoe of agtertoe en dan ook regoormekaar toe moet verskuif. Dit dwing die diere om om die paal te beweeg en direk op die dipstel te trap, wat n onmiddelike dierekte verplasing van dipstof het.

Nog n metode is die velddipmetode, wat soos volg illustreer word.