Ontwatering/Dehydration

Ontwatering
ter inligting:
Dis krities dat enige siek dier nie ontwater nie - gebruik


‘n skoon spuit wat ten minste 10-15 ml vloeistof kan
hou en gee sowat 10ml elke 15-20 minute een van die
volgende:
1. Maak 1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo aan in 1
koppie lou gekookte water. Na gelang van die gewig/
ouderdom van die hond, kan sowat 10 ml elke 15-20
minute agter in die keel stadig ingespuit word (sonder
dat dit in die longe beland).
2. Sou naartjie Energade/Powerade (energiekoeldrank)
beskikbaar wees, kan dit tussenin gebruik word en al
om die beurt met die Marmite water ingegee word.
3. Alternatiewelik kan ook elektroliete (9 gram/2 gelyk?
vol teelepels tafelsout op 1L lou vooraf gekookte water
gemeng met 4 teelepels suiker) gegee word en / of
4. Darrows ‘solution’ ook tussenin toegedien word.
Dit moet goed gemeng word en elke 15-20 minute
toegedien word met die spuit om die liggaam se krag
op te bou.
5. As die naartjie koeldrank nie beskikbaar is nie, gee
elke 20 minute ‘n vingerlek ‘rou’ heuning met die water
in of sukrose. Onthou net dat suiker giftig is vir honde
maar die maag se mikrobes benodig in die geval
energie en dat dit baie belangrik is dat die afvalstowwe
nie in die niere lewer en maag konsentreer nie, maar
uitgeskei moet word.
6. Valoid pediatriese setpil kan toegedien word volgens gewig
Back Back to top