Ontwurming vir katte en meds

Panacur of Antezole (ook vir lintwurm) vir ontwurming
Kattie kan op 8 weke al self eet...soak goeie kwaliteit pilletjies met louwarm kitty melk of swart Rooibostee tot sag. Druk vinger in dat hy aflek, hy leer so eet. Kan ook al vars rou volstruis of low fat mince gee en vars rou hoendernekkies om aan te knaag onder toesig

dit lyk my honde en katte dieselfde - dis net die middels wat verskil, party mag jy nie vir katte gebruik nie:

Ontwurming van honde en katte
Algemene ontwurming van honde en katte met ‘n breë spektrum ontwurmingsmiddel sluit kombinasies soos prasikwantel en pirantel; milbemisien en prasikwantel; pirantel, oksantel en prasikwantel; fenbendasool en prasikwantel asook levamisool en niklosamied in. Daar word aanbeveel dat klein hondjies en katjies op 2, 4, 6, 8 en 12 weke ouderdom ontwurm word. Honde en katte ouer as 3 maande ouderdom moet daarna 3 tot 4 keer ‘n jaar (elke 3 of 4 maande) ontwurm word. Onthou dat alle troeteldiere op die perseel tegelykertyd ontwurm moet word. Aangesien vlooie ook draers van lintwurms is, word daar aanbeveel dat ontwurming en vlooibehandeling tegelykertyd geskied.
Daaglikse toediening van febendasool vir die teef vanaf 3 weke voor sy geboorte skenk tot drie weke na geboorte het grootliks die besmetting van T. canis deur die melk en baarmoeder van hondjies uitgeskakel.
Die effektiwiteit van middels verskil en dit is dus beter om u veearts te nader oor die beskikbare middels op die mark.
Verdere aksie
• Moet nie u honde en katte rou vleis voer wat nie ten minste 2 weke gevries was nie
• Tel daagliks die mis van honde op en maak daagliks die katte se sandbakke skoon
Onthou om hande te was nadat aan troeteldiere gevat is.

Back Back to top