Voedselverwante Allergieë (Proteien-intolleransie)
Voedselverwante allergieë se ontstaan is geleë in die immuunsisteem se reaksie tot sekere bestanddele in die kos wat hom aangebied word. Misken beter gestel, dit is die oor-sensitiwiteit vir sekere bestanddele van byvoorbeeld ‘n hondekos. Dit kan gluten wees as voorbeeld, preserveermiddels, kleurstowwe en of kunsmatige geurmiddels.
In die skrywe “Waar begin my dier se gesondheid” word verduidelik watter ensieme vind ons in n dier se maag. Die Literatu?ur whil dit hê dat wanneer honde byvoorbeeld ‘n intoleransie toon teenoor kos wat hy inneem, dit nie noodwendig ‘n immunologiese probleem is nie. Dit kan wees dat hy nie die nodige ensieme het om die kos te verteer nie.

Dit kan wees dat die kos iewers skade opgetel het en afgegaan het, ongeskik geraak het vir verskeie redes. Wanneer ‘n hond as voorbeeld iets ingeneem het wat ‘n allergiese reaksie veroorsaak, is die mees algemene tekens braking, krap, diarree en baie algemeen, ‘n rooi uitslag op of oor groot gedeeltes van die ou se lyf..
Die vraag is hoekom? Wat gebeur hier?
Wanneer die immuunstelsel reageer, skei dit histamien af wat bogenoemde reaksies veroorsaak. Die uitdaging is om uit te vind hoekom die liggaam histamien afskei. Wat is die sneller en die oorsaak van hierdie reaksie. Meeste van die kere is dit nie voor die handliggend nie en begin ‘n mens om die elemente in die dier se kos te elimineer.
Oplossing
1.    Een oplossing is om die dier vry te stel van voedsel wat bestanddele bevat wat die immuunstelsel sal aktiveer om histamien vry te stel. Soos RAW. Meeste allergieë in honde word veroorsaak deur proteïenmolekules.
2.    Die tweede metode is om proteïenmolekules te verklein deur ‘n proses wat hul noem “Hidrolisering.” Gehidroliseerde peptiede is te klein om reseptore te verbind, maar het en behou nog steeds hul voedingswaarde.
Gewoonlik ontstaan ‘n proteïenintolleransie wanneer n hond proteïen inneem waarvoor hy ‘n allergies is, en die proteïenmolekules verbind met gesensiteerde reseptor molekules in die liggaam, en die skei histamien af wat dan rooi uitslaan, jeuk, braking en diarree veroorsaak.
In ‘n gehidroliseerde vorm is die peptiede te klein om die reseptore te verbind wat dus meebring dat histamien nie afgeskei word om reaksies te veroorsaak nie.
Soos genoem, in ‘n hidroliseringproses word die proteïenmolekules verklein wat hul voedingswaarde behou. Al wat gebeur is dat molekules (peptiede) verklein word om nie met die reseptore te verbind.
Vir interessantheid
Die eenheid waarin hidrolisering gemeet word, word “Daltons” genoem. Die proteïenmolekules in standaard hondekos is sowat 12 000 daltons in grootte.  Proteïne so klein soos 4500 daltons het al allergiese reaksies veroorsaak.  
3.    Die derde metode is natuurlik is om ‘n nuwe proteïen te kry waaraan die liggaam nog nie blootgestel is nie.  Die rede hiervoor is dat die liggaam nog nie reseptore hiervoor sensitief gemaak het nie (sensiteer) het nie wat dus nie ‘n allergiese reaksie behoort te veroorsaak nie. Kan eend, vis en enige ander bron wees wat die dier nog nie ingeneem het nie.

Back Back to top