For all official information and updates regarding Covid-19 visit the South African Department of Health website at www.SAcoronavirus.co.za or their WhatsApp line on 0600-123456. If you want your own WhatsApp Chatbot visit www.whatskonnekt.com

P@ (Ecohealth/Dieregesondheid/Natural Health) RIGLYNE

Baie welkom by Pierre se Eko/Diere/Natuurlike-gesondheidsblad … ons vertrou jy sal dit geniet en interessant vind! Maak asseblief notas van die lesse wat hier te leer is … en ‘scroll’ tog maar verby enigiets wat jou nie aanstaan nie of jou ontstel; moet asb nie in ‘n “sleutelbord vegter” ontaard nie. Elke paragraaf (of gedeelte daarvan) is die gevolg van een of ander handeling deur ‘n lid op hierdie blad – help ons dus asseblief om dit vir almal aangenaam te hou.

1.     Pierre is nie ‘n veearts of 'n dokter/doktor nie - hy probeer dit ook nie wees nie (maar beplan om nog sy PhD te voltooi)! Die blad fokus op voorkomende diere-gesondheid en bevorder graag gesprekke daarom; ook oor hul ‘mens eienaars’. Hier was ongelukkig sedert die blad se totstandkoming letterlik duisende navrae waar geen tipe arts beskikbaar was nie, of afstande van letterlik honderde kilometers was ter sprake na die naaste mediese hulp, of niemand was bereid om te help nie. By diere (en mense) wat gewond en/of beseer/siek was, was gepoog om met hulp oor die afstande heen hul toestande te stabiliseer tot hul by die nodige professionele hulp kon uitkom - Pierre wil niemand versaak nie.

2.     Pierre is byna daagliks in die moeilikheid oor die hulp wat hy gratis aanbied. Regsopinie is hieroor ingewin - wat hy op die blad doen en voorstaan, is binne sy reg. Op geen stadium word daar gepoog om enige arts wat teen betaling en volgens die Veterinêre Raad (of enige ander Raad) se voorskrifte funksioneer, se werk oor te neem of te benadeel nie. Daar is geen poging van sy kant om die veeartsenykundige of mediese beroepe op enige manier te diskrediteer nie.

3.     Indien jy direk met ‘n geregistreerde veearts/mediese praktisyn in gesprek wil tree, verwys asb na jou eie veearts of ’n geregistreerde arts wat in jou omgewing praktiseer, moet asseblief nie op die blad vra nie – elke lid is hier in sy/haar persoonlike private hoedanigheid en sal geensins deur Pierre of Admin/Moderators geidentifiseer word nie. Hier is verskeie artse en ander kundige spesialiste soos medici, aptekers en ander beroepe in die mediese velde wat lede van die blad is maar hul is hier in hul private hoedanighede en alhoewel meer as welkom om kommentaar te lewer en ook dikwels kundige raad aan te bied op plasings waar hulp benodig word, sal hul geensins deur Pierre/Admin of enige van die Moderators geidentifiseer word nie. Dit geld ook vir enige ander gekwalifiseerde persoon in enige ander spesialis veld – hul het ook ‘n reg tot privaatheid.

4.     Die blad wil vir die groep mense en diere wat nie toegang het tot mediese of veterinêre sorg nie weens die (vir hulle) té hoë koste daaraan verbonde, van hulp wees. Vir dié groep mense wat weens hierdie kostes van mediese en/of veterinêre sorg geen ander plek het - of dan geen ander keuse het - as om hulp iewers te vra nie. Pierre neem niemand se brood en botter uit hul monde nie - hy bedien die groep mense waarin niemand belangstel om van hulp of diens te wees nie. Die groep mense en diere wat hom en ander lede geld kos. Die groep mense wat kundiges nie wil bedien sonder volledige betaling nie. Die blad se rekord is dat byna R400,000 ingesamel was in die eerste jaar om verskeie artse, Onderstepoort en ander kundige noodhulpdienste te betaal om verwaarloosde en/of verlore diere te probeer red.

5.     Daar is vele interessante artikels onder die bladsy se ‘files’ wat jy tydsaam kan deurlees/aflaai. Maak asseblief gebruik daarvan en verbreed jou kennis so ver moontlik, dis waarvoor die blad hier is – dat jy leer om altyd deeglike navorsing te doen en jou kennis te verbreed; jy weet nooit wanneer jy self met ‘n noodgeval gekonfronteer gaan word nie! Admin/Moderators en baie lede beskik ook oor vele interessante artikels. Doen jouself ‘n guns en lees die riglyne voordat jy ‘aan die diep kant’ inspring.

6.     Die blad het ? bewese rekord van verskeie suksesse wat op die blad gedeel word. Kyk self daarna en na mense se eie persoonlike getuienisse. Van moedelose mense wat al die regte paaie en kostes geloop het sonder sukses. Dit is hul eie opinie en word nie gebruik om die veeartseny of enige ander mediese beroep enigsins te diskrediteer nie. Pierre het ‘n basiese noodhulptassie saamgestel wat gereeld aangepas word, tans vir honde en/of katte. Dit kan bestel word by van die P@ Depots – kyk op die blad se depots/verspreiders lys watter verskaffer die naaste aan jou dorp is. Vergiftiging, byvoorbeeld, is vandag ‘n baie wrede realiteit – sorg dus dat jy ten minste die basiese kennis en noodvoorraad in plek het en voorbereid is! Hou in gedagte wanneer jy jouself in ‘n krisis bevind, mag jou ‘brein vries’ en dit maak alles net soveel makliker vir jouself en jou troeteldier indien jy voorbereid is. Brineel du Toit het ‘n landkaart saamgestel van alle depots in RSA (asook Namibië/Mosambiek en ander lande) en die lys kan by https://www.pierre-ecohealth.co.za/cp/35767/distributors of https://www.pierre-ecohealth.co.za/cp/36574/depot-search gevind word.  

7.     Onthou asb altyd - geen droë hondekos is 100% volledig nie – as jy nie RAW kan of wil gaan nie, oorweeg asb Supreme Pet, wat nie net bereid is om die pad met die blad te loop nie maar ook al geruime tyd ‘n intensiewe veldtog van welsyn ondersteuning van stapel stuur. Hul kosse bevat geen preserveermiddels, soja, gluten, kunsmatige geursel, suiker of ander “nasties” en die minerale en vitamienes is ook aangepas vir optimale voedingswaarde. Indien daar nie ‘n P@ Depot verspreider van Supreme Pet naby jou is nie, kan jy op hul eie webblad enige dorp se naam intik en die verskaffer naaste aan jou vind – http://supremepet.co.za. Ons is ook baie dankbaar vir hul voortdurende ondersteuning in ‘krisis’ tye. 

Indien enige veearts Supreme Pet as hondekos ‘blameer’/identifiseer vir enige newe effekte/negatiewe reaksie wat ‘n dier ondervind, moet AL die besonderhede bv naam, besonderhede van praktyk asook omstandighede rondom die besoek aan die veearts, asb onmiddellik vir Marti Victor deurgegee word per epos by marti@supremepet.co.za. Daar moet wetenskaplike bewyse wees anders kom dit neer op naamskending. Wanneer ‘n breë spektrum behandeling voorgestel word – ‘germicidal’ vir parasiete, bakterie en fungi infestasies, kortisoon en antibiotika room – was geen spesifieke en/of deeglike diagnose gemaak nie.  

8.     Pierre was weer in vergaderings betrokke om die mediese polis wat jou diere teen siektes en ongelukke beskerm te verbeter (slegs geldig vir katte en honde maar die plan is om dit verder uit te brei). Honde/katte 8 weke tot 8 jarige ouderdom word vir enigiets gedek wat nog nie gediagnoseer is nie, en na 8 jarige ouderdom slegs ongelukke, maar teen ‘n verminderde premie. 

9.     Pierre het die nodige dokumente vir die bosluis-sjampoe vir honde, katte en perde onderteken.  Die produk se naam is Propyrepet, geregistreer by ons onder Wet 36/1947 en WHO ‘Food and Data sheet’ No. 11/1975. Die SA registrasie nommer is G1828 vir dié wat wil seker maak dat Pierre nie ‘n valse produk bemark nie. Die toksikologie-verslag noem dat 'n rot 500-1,000 gram moet inkry voordat hy sterf (½kg-1kg). Die produk sal wel dodelik wees vir koudbloedige diere soos visse, bosluise, vlooie, vlieë, skilpaaie, slange, drakies, krappe en insekte. Die verpakking is 250ml volgens die wetlike bepalings. Die sjampoe kan by die fabriek of depots aangekoop word. Dit is baie veilig vir jou kinders, vir jou en jou diere. 250ml hoort so 10 wasse te lewer by ‘n medium hond, dus meer by ‘n kat. Pierre het dit nog meer verbeter en daar is nou ander sjampoes ook beskikbaar, alles veilig vir jou diere asook jou gesin.

10.   Navrae op hierdie blad het getoon dat daar vele uitdagings ondervind word wat betref urine merke, reuke en onhigiëniese troeteldier-verwante toestande in die huishoudelike omgewing. Pierre het weereens met oplossings gekom – dit was juis die begin van sy reis om navorsing oor produkte te doen en sy passie het hom genoodsaak om die mark te betree. Besoek gerus die webblad by https://www.pierre-ecohealth.co.za/home – jy mag dalk verras word! Jy kan ook die fabriek besoek by Eenheid 6, 59 Jakarandastraat, Hennopspark Centurion: Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00, Saterdae tussen 08:00 en 12:00, kontaknommer 076 085 2705.

Lees maar op die blad watter suksesse met van hierdie produkte behaal word. Jy kan ook bevestig watter depot naaste aan jou is deur jou dorp se naam by ‘depot search’ in te sit.

11.   Die noem van enige produkte op die blad beteken nie dat Pierre/Admin/ Moderators en/of die blad daardie items aanbeveel nie – elke lid moet asb steeds sy eie, deeglike navorsing doen wat betref die voor- en nadele en risikos vir sy eie situasie … neem altyd jou of jou dier se genetika, algemene gesondheid, ouderdom, gewig en ander omstandighede in ag. Onthou asb ook bv dat alle produkte om skadelike bakterie en/of vlooie/bosluise te beveg/uit te wis, gifstowwe bevat waarteen jou dier newe-reaksies kan toon – doen dus te alle tye jou navorsing en kies die regte opsie vir jou en jou omstandighede. Wat vir een werk, kan baie nadelig wees vir ‘n ander.

12.   P@ (Diere) ITV! Dit gaan 'n internet TV?kanaal wees, dus sal dit nie beskikbaar wees op sateliet of tradisionele televisie wat werk met seine, skottels, dekodeerders en lugdrade nie. Dit is tans in ‘n toetsfase en sal hopelik in die nabye toekoms aktief wees.

13.   Die blad kan baie besig raak - indien jy enige vrae plaas wat bv nie binne ‘n uur beantwoord word nie, doen jouself ‘n guns en ‘bump’ jou eie plasing deur nie meer as elke uur ‘…’ (3 kolletjies) in te tik in die ‘comments’ gedeelte sodat die plasing weer kan opskuif – moet dit asb nie oordoen nie. Dit help ook nie jy plaas ‘n aparte navraag omdat jy ‘n vorige plasing soek nie; Admin/Moderators het nie tyd om daardie plasing vir jou te soek en vind nie. Maak asb ‘n nota van die skakel na jou eerste plasing sodat jy dit gereeld kan vind en opdateer.

14.   Moet ASB NIE navrae of plasings dupliseer met ‘n nuwe plasing nie - dit veroorsaak dat die blad net onnodig ‘besiger’ raak. Soek jou eerste plasing en tik jou ekstra informasie asseblief in die ‘comments’ in onder jou plasing, of ‘edit’ die bewoording van jou oorspronklike plasing. Elke ‘comment’ op enige plasing laat dit weer opskuif na die bokant van die blad. Indien jy dus nog fotos wil plaas, sit dit asb in die ‘comments’ onder jou eerste plasing, moet NIE ‘n nuwe plasing doen nie – dit maak die administrasie van die blad baie meer intensief! Jy kan jou eerste plasing vind deur jou naam (of enige spesifieke woorde in die plasing) in die soekblokkie in te tik asb.

15.   Indien jy ‘n ‘update’ op ‘n vorige plasing van jou wil doen, tik jou naam/van in die soekblokkie (links op die blad) en jy sal al jou eie navrae/kommentare kan sien – dis dan baie maklik om die een te kies wat jy soek of waarop jy kommentaar wil lewer of ‘n ‘update’ wil gee. Jy kan enige ander plasing ook vind deur ‘n naam of iets daaruit in die soekblokkie in te tik. Die maklikste is om ‘n nota te maak van die skakel na jou plasing (regs kliek op datum/tyd onder jou naam).

16.   Moet asb nie enige plasing rapporteer indien jy voel dit benodig dringend aandag nie – plasings wat gerapporteer word, word gewoonlik van die blad verwyder indien daar meriete in die ‘klagte’ is en dus kan plasings wat eintlik aandag benodig, per ongeluk verwyder word indien die blad te besig raak en elke ‘navrawat ag’ nie behoorlik ondersoek kan word nie. Die roete om te volg om plasings op die blad op te skuif, is soos uiteengesit in ‘n vorige paragraaf - tik nog ekstra kommentare in op die spesifieke plasing.

17.   Wanneer jy kommentaar wil lewer op iemand anders se plasing, lees asb die vorige ‘comments’ eerder as om te vra ‘wat het gebeur?’ en/of jou naam met ‘n plank te slaan. Dit kan baie frustrerend raak om gedurig aan ander lede te moet verduidelik wat die situasie is. Daardie lid sukkel miskien self om alles te verwerk en die emosionele stres/ontwrigting te hanteer.

18.   Onthou ASB die gesegde: ‘stap in my voetspore’ … party lede woon op feitlik onbereikbare plekke waar daar nie eens ‘n winkel (of buurman) is nie, vergeet van ‘n dokter of veearts! Dan ook, in die huidige ekonomiese klimaat sit baie mense sonder enige noemenswaardige inkomste en kan skaars ‘n dak oor hul kop behou, vergeet van elke dag kos op die tafel sit - maar dit beteken nié dat hulle hul diere nie liefhet nie. Die goue reël is indien jy nie tot die oplossing van die navraag kan bydra nie, bly asb stil - tensy jy bereid is om die veearts en/of vervoer of ander kostes self te betaal (jy ken nie daardie lid se omstandighede en/of beweegredes nie). Raad wat wel gegee word, raak ook verlore tussen die ander/onnodige ‘comments’.

19.   Admin/Moderators word deesdae genoodsaak om dikwels kommentaar op plasings te stop aangesien lede nie net uiters beledigend raak en baie harde woorde teenoor mekaar uiter nie, maar ook heel onvanpaste raad gee wat geheel en al teen die blad se riglyne is. Raak asb vertroud met wat op die blad toegelaat word al dan nie – en vergeet asb dat jy of iemand van wie jy weet, ooit enigiets gedoen het wat jy/julle glo het ‘gewerk’ … dis JOU ‘indaba’, die inligting is nie welkom op die blad nie! As dit vir jou so ‘n saak van erns is om jou inligting/kennis te deel/versprei, doen dit asb op jou eie blad waar die risiko dan net joune bly.

20.   Wanneer enige van jou diere wel by ‘n veearts beland en moet oornag, neem asb vir die kintie ‘n T-shirt of iets saam wat een van julle gedra het maar nog nie gewas is nie, om by hom/haar te los sodat die kintie nie so verlore en alleen in die vreemde wêreld voel nie … maar hou asb ook in gedagte die verspreiding van moontlike kieme/aansteeklike siektes en kry eers toestemming … hanteer die aangeleentheid op die regte manier en hou jou kant skoon.

21.  Hou asb ook in gedagte dat nie alle veearts praktyke die nodige kwarantyn areas en ondersteunende personeel beskikbaar het om ‘n kintie te kan opneem wat ‘n hoogs aansteeklike siekte onder lede het nie – dit was in die eerste plek jou plig om daardie siekte te probeer voorkom, moet dus asb nie aanstoot neem indien ‘n veearts nie so ‘n dier kan opneem en/of akkommodeer nie. Min praktyke kan vanaf Dag 1 alle moontlike dienste aanbied.

22.   Wanneer jy op enige plasing kommentaar wil lewer, probeer dit asb vermy om slegs ‘Veearts’ of ‘steriliseer’ te ‘skree’ … (1) 90% van noodgevalle benodig nie ‘n veearts nie, maar grondige kennis van dieregesondheid, juis dit waarmee Pierre jou probeer bemagtig - daardie lid sou nie op die blad raad vra indien ‘n veearts en/of genoegsame fondse en/of vervoer beskikbaar was nie en (2) dit is van absoluut geen waarde om vir enigiemand ‘steri’ as raad aan te bied op ‘n plasing waar pasgebore babas en/of ‘n hoogs verwagtende teef ter sprake is nie. Sterilisasie is ontsettend belangrik maar daar is ‘n tyd en plek vir alles.

Konsentreer asb te alle tye op die oorspronklike navraag, om dit so goed moontlik te beantwoord - of lig jou hande van jou sleutelbord en beweeg aan/‘scroll’ asb verby.  Sarkastiese en/of onsensitiewe kommentaar sal verwyder word indien dit raakgesien of aangemeld word. Probeer asb te alle tye die geleentheid raak te sien om iemand met liefde en geduld by te staan … onthou die spreekwoord: “’n sagte woord keer die grimmigheid af”.

23.   As jy iemand anders se plasing deel, sorg dat jy verantwoordelikheid neem vir jou eie plasing deur alle besonderhede (naam/selnommer/dorp/area/kontak besonderhede) by te sit asb, in plaas daarvan om lede die heeltyd terug te verwys na die oorsponklike artikel … of te sê ‘jammer ek share net’ ... of uiters swak maniere te toon deur net stil te bly en aan te beweeg. Enige navrae moet asseblief deur jouself hanteer en beantwoord word en jy moet asb jou eie plasing ten minste daagliks op datum hou met die vordering. Hou asb in gedagte dat jy ook ‘n bydrae kan lewer deur kommentare op jou plasing deur te gee aan die persoon wat die oorspronklike plasing gedoen het, asook kommentaar op daardie oorspronklike plasing hier te deel asb.

24.   Vermy asb om plasings (‘posts’) te plaas van iemand wat jy nie ken nie en/of wat dalk reeds deur ‘n ander lid geplaas is – enige duplikasies sal deur Admin/Moderators verwyder word sonder vooraf kennisgewing. Jy kan bevestig of daardie nuus alreeds op die blad is deur enige spesifieke bewoording van die item in die soekblokkie op die blad in te tik. Doen asb navorsing om ons blad ook meer en beter hanteerbaar te hou!

25.   Wanneer jy ‘n plasing doen of deel van ‘n verlore dier en daarna word die dier met sy eienaar herenig, sal dit baie waardeer word indien jy op jou eie oorspronklike plasing sal bevestig dat die eienaar gevind is asb - dit sal baie help om die blad skoner te hou. Jy kan ook self verdere kommentaar op jou eie plasing stop as jy wil.  

26.   Daar is lede wat plasings doen/kommentaar lewer wat deur ander as baie aanvallend of beledigend ervaar word – doen asseblief jouself ‘n guns, skryf dit wat jy wil plaas eers neer en maak seker jy kom niemand te na of beskuldig/verwyt enigiemand wat jy van geen kant af ken of sonder enige grondige rede nie – indien enige lid ‘n regsaksie teen jou instel as gevolg van enige plasing/kommentaar deur jouself, sal hierdie blad nie verantwoordelikheid aanvaar daarvoor of enigsins betrokke raak nie!

27.   Hou asb ook in gedagte dat ons Planeet Aarde bewoon waar daar baie ‘siek’ mense en samelewings te vinde is – jy mag dink jy plaas ‘oulike’ fotos van bv jou kleinkinders wat in die bad baljaar met jul troeteldiere, terwyl daar iewers op die internet iemand is wat die fotos kan aflaai en op walglike maniere kan misbruik; jy gaan dit nie regtig waardeer om skielik te hoor van jou kinders/kleinkinders se fotos is op enige pornografiese webblad te vinde nie!?

28.   Plasings en kommentaar wat ‘aandag soek’ benadeel slegs lede en diere wat krisis hulp benodig. Moet dus ook asb nie enige plasings van ander blaaie op die diereblad deel nie, nog minder enige dokumente en/of fotos van hier op enige ander blad te plaas waar dit konflik kan veroorsaak! Vergewis jouself ook eers van jou feite – indien jy enige persoon/instansie se naam gebruik/misbruik, sal jy absoluut geen hulp van hierdie blad ontvang indien enige regsaksie teen jou ingestel word nie!

 

29.   Moet asb ook nie uit die oog verloor dat Pierre/Admin en verskeie lede soms erg woel met tydrowende en intensiewe ondersoeke en reëlings in die agtergrond – nie noodwendig vir ‘n eienaar om sy dier terug te kry nie, maar vir die bes moontlike oplossing vir daardie dier(e) – dan is dit nie moontlik om lede deurentyd ingelig te hou oor die situasie of vordering nie aangesien dit dikwels die saak ontsettend kan benadeel.

30.   Daar verskyn baie plasings van mishandelde of erg verwaarloosde diere – in so ‘n geval sal dit baie waardeer word indien enige grafiese of ‘skokkende’ fotos in die kommentaar onder die plasing gesit word eerder as op die plasing self, sodat sensitiewe lede nie daardeur ontstel word nie en die keuse gegee word om verby te beweeg indien hul dit sou verkies. Admin/Moderators behou die reg om plasings onmiddellik te verwyder indien dit deur enige lid gerapporteer word.

31.   Tuis oplossings en produkte soos Adco-Mefenamic, alkohol inname (enige!), Artraxin, Bactroban in oë, bier/’milk stout’/’cider’ (in enige vorm), blousel, ‘cannabis oil’, Colloidal Silver, Covarex, ‘Cutex remover’, dagga, Dettol, Diatomeeënaarde/Diatomiet/Diatoom-konsentraat, diesel, ‘dishwasher’ (skottelgoed opwasmiddel), Disprin, Dolomite (‘Dolostorie’), Domestos, essensiële olies, Grandpa, Infla Active, ‘instant meal’, Jeyes fluid, Jik, Karbadust, karolie, Karvol, kondensmelk, kookolie, ‘mince’ as voeding vir voëls, mosterd, Olbas, Panado, paraffien, petrol, Persivate, Pine Gel, Ponstan, Previcox, Pro Nutro (GEEN ProNutro vir VOëLS!), pynmiddels van enige aard (tensy spesifiek voorgeskryf), remvloeistof, Repivate, Savlon, Silbecor, Silvadene (silver sulfadiazine), Silvercor, Spiritus, Stopayne, Superglue (ipv Dermabond/Skinstitch), teenvriesmiddels, TimJan, urine, Worcester sous ens. WORD NIE OP DIE BLAD TOEGELAAT NIE - tensy jy terselfdertyd wetenskaplike bewyse uit die Literatuur kan aanhaal wat betref die voordele! Pierre/Admin/Moderators en/of hierdie blad sal nie negatiewe publisiteit of enige kommentaar van so ‘n aard toelaat nie – hetsy dit jou eie ondervinding was en/of met enigiemand gebeur het van wie jy kennis dra. Koeimelk kan bv in ‘n noodgeval as uiters tydelike voeding oorweeg word (gemeng met 2 dele lou gekookte water), maar nie as hulpmiddel vir siektes of as ‘oplossing’ vir behandeling in die oog nie – dit vorm ‘n olie-lagie om die bakterie en vererger die situasie. Sout kan onder baie omstandighede as nood-oplossing gebruik word maar nie in alle gevalle nie. ‘Saline solution’ is 2 gelyk teelepels/9g sout gemeng met 1L lou gekookte water, dis gelykstaande aan trane maar ‘n baie effektiewe sterilisasie metode – dit grens aan krimineel om net te sê ‘water en sout mengsel’!

32.   Pyn medikasies, enige antibiotika en/of ‘mens’ medisyne behoort slegs gegee te word nadat ‘n dier behoorlik deur ‘n Veearts ondersoek is, vir daardie spesifieke toestand op daardie stadium en die Vet dit vir daardie dier voorskryf, anders mag die dier homself verder beseer en/of JY as eienaar die situasie vererger. Pyn is die natuur se manier om beweging te beperk. Medisyne kan ook ‘n negatiewe reaksie op organe soos die lewer en niere hê. Terramycin en bv Rimadyl kan dus ook nie as oplossing aangebied word nie – ons mag NIE ‘internet diagnoses’ op die blad maak nie, maar kan slegs riglyne vir noodgevalle gee. Verskeie siektetoestande het algemene simptome wat ooreenstem maar dit kan slegs deur ‘n geregistreerde veearts na ‘n behoorlike fisiese ondersoek identifiseer/bevestig/gediagnoseer word. Indien jy enige medikasie by name op die blad wil noem, sorg asb dat jy vooraf skriftelike toestemming van die Veterinêre Raad/jou veearts verkry het en sluit 'n afskrif daarvan by jou kommentaar in! Moet nooit vergeet nie: SLEGS ‘n gekwalifiseerde/geregistreerde veearts mag enige siekte/toestand diagnoseer na deeglike ondersoek!!!

33.   Dit is elke lid se verantwoordelikheid om sy/haar eie navorsing te doen in verband met die voor- en/of nadele van enige item/produk voordat hy/sy dit aan sy/haar dier voorsien – Pierre/Admin/Moderators en/of enige lid van hierdie blad aanvaar geensins enige verantwoordelikheid vir nagevolge van watter aard ook al nie. Baie diere toon deesdae allergiese reaksies teen ‘n groot verskeidenheid van produkte soos graan, mielies, rys of hoender. Wees ook versigtig indien enigiemand raad aan jou stuur per ‘inbox’ in plaas van dit op die blad te plaas waar ander dit kan evalueer en bevraagteken, alhoewel Admin dikwels genoodsaak word om van ‘inbox messaging’ gebruik te maak – weet dus asb wie is Admin/Moderators en hou ‘n ogie op jou ‘other messages folder’.

34.   “Name and shame” word nie op die blad toegelaat nie as gevolg van die regsimplikasies. Die ‘POPI Act’ (beskerming van persoonlike informasie) het in November 2014 in werking getree – daarvolgens mag name/fotos/voertuig identifikasie/registrasienommers of enige persoonlike informasie nie geplaas word nie. Indien enige lid hierdie reël op ‘n gereelde basis oortree, sal die lid self van die blad verwyder word.

In die Huisgenoot van 17.12.2015 het Emma Sadleir, ‘n regskenner wat in sosiale media spesialiseer, gewaarsku: “Enigiemand wat lasterlike gerugte op sosiale media versprei, kan vir laster aanspreeklik wees. Die persoon wat die vals gerug begin het, sal eerstens aanspreeklik gehou word maar enigiemand wat die gerug versprei het, kan ook weens naamskending aangekla word. Dis niks anders as ‘n digitale boendoehof nie en as iemand eers valslik beskuldig is, is dit byna onmoontlik om ooit weer hul reputasie in ere te herstel”.

35.   Indien enigiemand enige aksie teen die blad inbring as gevolg van enige lid se aksies, inhoud of informasie, sal jy vir Pierre/Admin/Moderators en die blad vrywaar en skadeloos stel teen enige skade, verlies en kostes van enige aard (insluitend redelike regskoste en ander kostes) wat verband hou met so ‘n eis. Alhoewel die riglyne ingestel is om verbruiker-gedrag aanvaarbaar te hou, het ons geen beheer oor enige lid se aksies/reaksies nie en is nie verantwoordelik vir inhoud of informasie wat deur lede gedeel word op die blad nie. Ons sal geensins aanspreeklikheid aanvaar vir enige aanstootlike, onvanpaste, obsene, onwettige of andersins verwerplike inhoud of inligting wat enigeen hier mag teëkom nie. Ons is nie verantwoordelik vir enige gedrag, hetsy aanlyn of van lyn af, van enige verbruiker nie.

36.   Wanneer jy iemand se aandag wil trek, gebruik die persoon se volle FB naam - as die naam se kleur na ligte blou verander, is dit ge’tag’ en hoort die betrokke persoon dit te sien. Indien jy enigiemand roep en die naam bly swart/grys, sal hulle dit nie raaklees nie en/of is hulle nie lede van die blad nie. FB kan ook dikwels probleme ondervind met ‘tagging’ - probeer die @ teken direk voor die naam intik (of tik naam en van alles aaneen) om die regte persoon te ‘tag’, maar dit moet na ligblou verander (sommige fone wys dit deesdae ook in swart) anders is die ‘roep’ nie suksesvol nie.

37.   Hierdie is ‘n geslote groep en plasings wat hier gedoen word, kan dus nie gedeel word nie tensy jy dit op jou PC/tablet/selfoon probeer aflaai of ‘copy/paste’ – wees asb te alle tye versigtig om nie onnodige wrywing te veroorsaak en/of ander lede te na te kom deur hulle plasings sonder vooraf skriftelike toestemming te gebruik/misbruik nie. Daar is wel etlike plasings wat gedeel kan word indien jy op die oorspronklike plasing ingaan.

38.   ‘n Baie belangrike aspek – daar is kopiereg betrokke by die blad se ‘logos’ en alles wat daarmee gepaardgaan – respekteer dit dus te alle tye. Pierre van Niekerk/admin/die blad sal nie verantwoordelik gehou word vir enige regsaksies, of betrokke raak indien jy enige nasionale of internasionale wette oortree nie. Die Wet verbied enige een om hierdie eksklusiewe regte te skend, sonder om eers skriftelike toestemming van die eienaar(s) te verkry.

39.   Indien enige informasie wel vanaf die blad na enige ander plek versprei word, sorg asb te alle tye dat die watermerk in plek is en/of die oorspronklike plasing se kopiereg erken word.

40.   Geliewe daarop te let dat lede meer as welkom is om fotos of stories van enige situasies, mense of diere hier te deel maar dat hul dan terselfdertyd volle en onbeperkte toestemming aan Pierre van Niekerk verleen om enige en alle fotos/inligting te mag gebruik in sy skrywes/artikels om ander met kennis te bemagtig, sonder enige skending van kopieregte.

41.   Indien jy na ‘n spesifieke dier soek, Google asseblief die blaaie wat betrokke is by daardie spesifieke ras en kontak hulle direk, moet asb nie op hierdie blad navraag doen nie … doen jouself ook ‘n guns en besoek asb eers al die diere skuilings in jou omgewing – jy sal verbaas wees hoeveel puppies/babas en opregte ‘pedigree’ diere deesdae daar te vinde is! Maak asb ‘n verskil aan ‘n verlore en/of senior dier se lewe … laat die dier eerder vir JOU kies as andersom!

42.   Advertensies van diere te koop word nie op die blad toegelaat nie … slegs indien dit verlore en/of ‘shelter’ diere is wat nuwe/beter huise soek waar die regte prosedures gevolg sal word en die nodige ‘home checks’ deeglik uitgevoer sal word, en beslis nie enige inbokse aan ander lede wat kommentaar lewer nie, onder GEEN omstandighede nie!

43.   Plasings waar fondse benodig word, moet assebief voor aansoek gedoen word deur al die nodige/relevante inligting/geskiedenis rakende die situasie by hierdie skakel in te vul: https://www.dieregesondheid.co.za/wsurvey.php?survey_id=7898. Die blad het ook ‘n fonds insamelings rekening waar enige en alle bydraes inbetaal kan word (verwysing naam/selnommer) – https://www.dieregesondheid.co.za/cp/35642/donasies.

44.   Daar kan voorsiening gemaak word vir ‘glipsies’ en ‘babas’ indien enige fondse direk in ‘n veearts rekening inbetaal word vir sterilisasie van die ouer binne ‘n maksimum tydperk van drie maande na geboorte – maar volg asb bogenoemde roete om aansoek te doen alvorens jy ‘n plasing op die blad doen. Sorg ook dat jy die veearts rekening besonderhede byderhand het.

45.   Weens die hewige inbox kommunikasie wat onmiddellik na ‘n plasing onder die dekmantel van ‘oulik’ of ‘ag shame’ plaasvind - en die ontstellende diskoerse wat op die blad veroorsaak word terwyl daar ander mense en diere is wat in nood verkeer en aandag nodig het - sal alle plasings met fotos van dragtige diere of mammas en ‘babas’ verwyder word … in wese is die blad pro-sterilisasie en sulke plasings lok gewoonlik ‘n “ag ek soek ook een asb” reaksie uit. Dit dra geensins by tot dieregesondheid nie.

46.   ‘n Uiters kommerwekkende situasie waaroor Admin gereeld ingelig word – lede wat diere op die blad in- en aanneem terwyl hul deeglik daarvan bewus is dat hul nie behoorlik vir daardie dier kan sorg nie … dan word ander lede van die blad vir donasies en/of geld vir kos ens gevra. Moet asb NIE enige dier laat gaan net omdat jy in die nood is nie – laat daar asb vooraf tuis inspeksies gedoen word om te verseker jou keuse is ‘n goeie opsie, die beste tot voordeel van daardie betrokke dier. Kontak Michelle Mitchy Snyman om raad te gee met reëlings.

47.   Geen produkte/items/dienste mag op die blad geadverteer word nie. Enige plasings sal onmiddellik verwyder word.

48.   Dit help nie om vir “Pierre” of “Admin” te roep nie - sorg asb dat jy hulle volle FB name ken en dit volledig en korrek spel om hulle aandag te trek: Pierre van Niekerk, Brineel du Toit, Michelle Mitchy Snyman, Janine Kapp, Liza Annandale, Linda David, Linette Beukes, Danel de Bruin, Denise Grobbelaar, Antoinette Greyvenstein, Groesbeek Bernadette en Stelizan Lombard. Hou asb ook in gedagte dat meeste van hulle voltyds werksaam is en nie te alle tye beskikbaar is op die blad nie. Jy as lid van die blad is dit aan jouself verskuldig om te sorg dat jy weet wie wanneer Admin/Moderators is – en omdat dit ‘n vrywillige diens is wat deur elkeen gelewer word, verander die lede gereeld - bly dus asb ingelig! Christelle Stephenson, byvoorbeeld, is nie meer deel van Admin nie maar sy, Anid Cilliers en ander lewer nog steeds baie waardevolle en gewaardeerde bydraes op die blad.

49.   Onthou ook geen lid van Admin/Moderators (of Pierre!) mag deur enige lid van hierdie groep geblok word nie.  Indien jy ‘n plasing wil doen of kommentaar wil lewer op enige plasing en iemand geblok het wat Admin/Moderator is op die P@ blad, moet jy asb daardie persoon ‘unblock’ voor jy enige plasing doen/kommentaar lewer sodat hulle kan reageer op jou plasing/kommentaar – terwyl jy lid van P@ is mag jy nie vir Pierre of enigeen van die admin/moderators blok nie.

Hou ook asb in gedagte dat Admin/Moderators gewone werkende lede is wat ‘n vrywillige diens lewer en dus nie die tyd/fondse het om lede te eniger tyd te bel of te whatsapp nie.

50.   Geen plasings mag ge’pin’ word deur enigiemand behalwe Pierre en/of Admin nie – en Admin sal dit slegs met sy persoonlike toestemming doen.

51.   Enige plasing wat aan Pierre of een van Admin/Moderators rapporteer word, sal onmiddellik van die blad verwyder word maar slegs indien die klagte geregverdig is.

52.   Indien jy enige onvanpaste/kru taal, haatspraak of snedige kommentare/aanmerkings/ persoonlike aanvalle opmerk of teëkom of bewus word van private inbokse, ‘copy en paste’ dit in ‘n FB ‘message’ of Word dokument en stuur dit asseblief vir een van Admin sodat die aangeleentheid aangespreek en die nodige stappe gedoen kan word. Jy kan ook kliek op die ‘dropdown box’ regs bo op die plasing en die ‘report this post’ opsie kies maar dit sal waardeer word indien jy iemand van Admin/Moderators wat dan aanlyn is, inlig hoekom die plasing gerapporteer word sodat dit die aangeleentheid vergemaklik en bespoedig.

53.   Enige lid van die blad wat ‘n ander lid kontak per private inboks met versoeke vir direkte hulp of fondse van watter aard ook al, sal van die blad verwyder en/of permanent geblok word!!! Niemand het die reg om ander lede te terroriseer/emosioneel te probeer afpers nie, ongeag die omstandighede!!! Jy mag slegs ‘n versoek vir hulp aan Pierre en/of Admin voorlê vir goedkeuring om op die blad te plaas, hulle mag jou nie persoonlik help nie!! Die regte prosedure om te volg, bly steeds om asb die vorm deur te lees en deeglik te voltooi by https://www.dieregesondheid.co.za/cp/35642/donasies.

54.   Dit word altyd hoog op prys gestel indien lede ‘n bydrae tot enige oplossing lewer in enige geval maar hou asseblief Pierre se versoek in gedagte … sagte woorde asb … soek die geleentheid om tot voordeel van ‘n dier te handel en ‘pay it forward’; deel die kennis wat jy hier opdoen – ook in jou gemeenskap, waar jy is, met wat jy het – dit kos jou niks behalwe jou tyd en aandag om liefdesdade uit te voer ten bate van enige lid van ons diereryk nie. Onthou slegs ‘n geregistreerde veeartsenykundige mag enige mediese toestand diagnoseer – weerhou jou dus daarvan om ongevraagde kommentaar te lewer op die blad soos ‘dis katgriep’, ‘dis bosluiskoors’! Ons MAG NIE internet diagnoses maak nie!!!

55.   Alhoewel bewusmaking van enige vorm van mishandeling (‘abuse’) in vandag se tyd as uiters noodsaaklik beskou word, sal enige plasings van oorsese verhale … dus ook sukses stories of walglike praktyke/toestande of versoeke om petisies te teken … onmiddellik van die blad verwyder word indien dit te besig raak of aangemeld word deur enige lid - hierdie blad is gestig vir dieregesondheid en om eienaars met kennis te bemagtig van wat hulle te doen staan in ‘n noodgeval of tot hulle by ‘n veearts of gepaste mediese hulp kan kom; daar is in ons eie land meer as genoeg geleenthede om ‘n verskil te maak ten gunste van enige lede van ons diereryk, hierdie blad is nie die regte forum daarvoor nie.

56.   Hou asb in gedagte … op jou eie blad kan jy maak en breek soos jy wil … maar hierdie is Pierre se blad en dus sal ons almal dit as sulks respekteer asb - dis sy keuse wat hy hier wil plaas / toelaat al dan nie – en siende dat dit sy blad is, ook sy goeie reg om te besluit wat hy self wil plaas en wat toegelaat word; die riglyne is nie op hom van toepassing nie. Enige plasings waar hulp benodig word, raak maklik verlore tussen die res – en na alles gesê en gedoen is, dit is ‘n dieregesondheidsblad om ons plaaslike diere in nood te help en hul eienaars te bemagtig met kennis; as jy iets vind wat jy met die hele wye wêreld wil deel, bevestig asb vooraf met Pierre of Admin of dit op die blad geplaas kan word. Om petisies te teken en die res van die planeet se diere te help – baie van ons is ook lede van [Care2], [Change.org] en ander blaaie juis vir daardie doel, hierdie blad is nie die regte platform daarvoor nie.

57.   Sterftes ‘in die gesin’ … elkeen het al (of gaan nog!) hierdie paadjie moet loop omdat ons troeteldiere se lewensverwagting nie so uitermate hoog is nie. Alhoewel die blad ontsettend baie empatie het met elkeen wat een of ander tyd ‘n dier verloor, is en bly dit in die eerste plek ‘n diere gesondheidsblad om diere in nood – wat nog lewe – te probeer help. Probeer asb dus ook insien hoekom hierdie besluit geneem is … dat daar absoluut geen probleem is met enige plasing om lede in kennis te stel van ‘n dier se afsterwe nie, maar dat ons dit baie sal waardeer as slegs een plasing daaroor op die diereblad verskyn, anders maak dit die blad net té intensief om te administreer.

58.   Indien jy verdere kommentaar wil lewer, soek asb jou oorspronklike plasing en ‘comment’ daarop – dan sal dit weer opskuif op die blad en kan ander lede jou plasing volg soos wat jy informasie oor jou geval/situasie deel. Oorweeg ook om by ‘n webblad soos ‘WhereAngels Fly’ aan te sluit, dit kan jou baie help om die verlies te verwerk - https://www.facebook.com/To-where-Angels-fly-226111334404355/?hc_location=ufi.

59.   Lede moet asseblief nie navraag doen (‘waar kan ek ook een kry’) op enige plasing waar enige eksotiese/andersoortige diertjie getoon word nie … daar moet baie deeglike navorsing gedoen word oor habitat en dieet asook die nodige permitte verkry word voordat so iets enigsins oorweeg kan word en hierdie blad is gestig vir dieregesondheid, wat dus uit die aard van die saak ook sterilisasie behels - en hoegenaamd geen aanhouding van ‘wilde’ diere in gevangeskap nie.

60.   Geen teler se kontak besonderhede mag op die blad gedeel word nie en lede word versoek om hierdie tipe van kommentaar op enige plasing asb heeltemal te ignoreer of Admin/Moderators in kennis te stel sodat die kommentaar verwyder kan word. Indien enigiemand enige spesifieke tipe van diertjie verlang kan hulle op die blaaie wat daaroor handel navraag doen (soek jy bv ‘n meerkat – gaan koop vir jou ‘n kleinhoewe of plaas waarop ‘n meerkat kolonie of twee woon, dan oortree jy ook nie enige wette nie).

61.  Pierre@Dieregesondheid/Natuurlike-/Eko-gesondheid is op Valentynsdag 2014 deur Pierre van Niekerk in die lewe geroep ten bate van enige lid van ons diereryk – om hul gesondheid te verbeter en jou as ‘diere-eienaar’ met die nodige kennis toe te rus van gesonder praktyke, om jou aan die dink te kry om ook jou eie navorsing te doen oor beter opsies vir jou troeteldiere, en ook meer bewus te maak van ons ekosisteem – so dink asseblief voor jy ‘doen’ … en onthou, spinnekoppe, skerpioene en slange speel ook ‘n baie belangrike rol in ‘n gesonder planeet; ons ondersteun of praat geen kommentare om te dood, vernietig of te elimineer goed nie tensy dit op ‘n ekovriendelike manier gedoen word.

62.  Indien jy nie tot ’n oplossing kan bydra nie, lig asb jou hande van jou sleutelbord en beweeg aan sonder om kommentaar te lewer, of probeer asb met elke kommentaar die geleentheid raak te sien om ‘n positiewe verskil in iemand anders se lewe te maak. Hou ook in gedagte dat alle siekte-toestande deesdae op die groep bespreek word, dit is lankal nie meer beperk net tot die diereryk nie. Moet asb nie ‘n sleutelbord vegter wees / in ’n ‘suurstof dief’ ontaard nie!

63.   Moet asseblief nie die blad se doelwitte vergeet of in die wiele probeer ry nie … dit mag jou duur te staan kom! Ons poog om ‘n pro-lewe/anti-teel/optimale gesondheid groep te wees. Hier het ons te doen met alle aspekte van gesondheid en ras, seks, seksuele orientasie, geloof, godsdiens, bygelowe, politiek, misdaad, doodmaak/uitroei/uitwis/vermoor, vermiste persone, gelykheid van mense (die reg van enige persoon bo ‘n ander om bv diere te hê ten spyte van finansiële omstandighede), enige ander onderwerp is nie van toepassing om hier geplaas of bespreek te word nie – doen asb daardie tipe plasings op die forums en/of blaaie wat daarby betrokke is en/of daarvoor voorsiening maak eerder as om ons blad daardeur negatief te beinvloed of te besoedel.

64.   Hou asb ook in gedagte dat iemand wat van enige blad verwyder is/word, om watter rede ook al, dalk glad nie weer by daardie blad kan aansluit nie. Sorg dus dat jy nooit jouself in so ‘n posisie plaas dat Pierre of een van Admin/Moderators genoodsaak word om jou van die blad te verwyder nie … die ‘onttrekkingsimptome’ wanneer jy vir ‘n dag of twee nie op die blad kan aanteken nie, kan nogal ernstige ‘nagevolge’ veroorsaak!

65.   Reg tot lidmaatskap van en toegang tot die blad word te alle tye streng voorbehou. Geen growwe/vuil/roekelose taal, beledigings en/of skendings van enige aard word toegelaat nie – ons stem om nie noodwendig saam te stem nie, maar gun elkeen sy eie mening.

66.   Ons vra lede ‘n groot guns asb: wanneer jy ‘n pornografiese plasing raaksien, ‘right click’ asb op die datum/tyd wat dit geplaas was (reg onder die persoon se naam) en kies die ‘copy hyperlink’ opsie om aan Pierre of een van Admin/Moderators wat dan aanlyn is, per inboks te rapporteer sodat ons dit onmiddellik kan verwyder en die lid in kennis stel … anders is dit baie moeilik en tydrowend om deur al die plasings te soek daarvoor en gewoonlik kry ons dit nie. By voorbaat dank as jy ons hiermee tot hulp kan wees EN dit op die regte manier hanteer!!

Jy kan ook links kliek op die ‘drop down arrow’ bo regs op die plasing en kliek op ‘report to Admin’, of regs kliek en ‘copy hyperlink’ om vir Pierre of Admin/Moderators asseblief in kennis te stel. Dit gebeur baie dikwels wanneer ‘n lid op ‘n onbekende skakel kliek en dan onwetend ‘n virus aktiveer/aflaai wat na al die webblaaie op die lid se profiel gestuur word sonder dat die lid enige kennis dra daarvan maar jammer, dis nie ‘n verskoning nie – jy as lid sal verwyder word totdat jy dit uitsorteer. Weereens, wees baie versigtig wat jy oopmaak … ondersoek elke paadjie deeglik en laat die versoeking om te ‘kliek’ net aanbeweeg!

67.   Daar word al hoe meer smeekroepe om hulp van watter aard ook al ontvang. Alhoewel hierdie nie ‘n bedelblad is nie, probeer ons om - binne perke - hulp te verleen om ‘n verskil te maak waar ons moontlik kan, maar die situasie is besig om heeltemal hand uit te ruk. Daar is dus nou ‘n paneel wat elke aangeleentheid volgens meriete beoordeel. Dit is ook gedoen in ‘n poging om te verhoed dat lede van die blad en hulle ‘goedheid’ misbruik word. Die regte prosedure om te volg is om die vorm by https://www.dieregesondheid.co.za/cp/35642/donasies te voltooi.

68.   Weens omstandighede kan ons ook nie langer hulp van watter aard ook al verleen aan ander ‘rescue’ blaaie nie maar elke aansoek sal oorweeg word … en as die blad hulp verleen, erken ook asb die blad se aandeel! Volg asb dieselfde roete indien jy enige plasing wil doen om te vra vir donasies, hetsy vir kos of ander nood – om te verseker dat soveel moontlik hulp so wyd moontlik verleen kan word.

69.   Indien enige plasing om hulp wel toegelaat word, hou asb in gedagte dat lede ook verantwoordelikheid moet neem vir hul eie rekeninge en diere – in baie gevalle kan veeartsbesoeke vermy/verminder word indien lede sorg dat hul die nodige kennis het om self so spoedig moontlik met noodbehandeling te begin om gevorderde skade en/of siektes te beperk. Indien die blad se lede bydra tot enige rekening moet die lid bereid wees om ten minste 50% van die rekening self te vereffen deur welke kanale vir befondsing hul ook al kan vind.

70.   Dit is juis om hierdie rede – om lede met kennis in aksie te bemagtig - dat Pierre (en ander!) baie ure en harde werk insit om die P@ Kursusse op dreef te kry. Naas sy Onderwyskwalifikasies het Pierre ook ’n Nagraadse kwalifikasie in Opleidingbestuur aan RAU behaal asook die internasionale CRI-IMD kwalifikasie, dus is hy deeglik toegerus om die studiemateriaal voor te berei. Dit word op die SADQ sisteem ontwikkel, is uitkomsgerig en sal voldoen aan die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk; ook in lyn met die QCTO vereistes wat in 2018 wetgewing geword het. Die kwalifikasie is uniek en sal onder die Nasionale Sertifikaat in Diereproduksie val, hopelik uiteindelik NQF4 status bereik. Pierre sal bevestig wanneer hy reg is om voort te gaan daarmee. 

71.   Dit is epos / internet etiket dat wanneer enigiets in hoofletters getik word, ‘skree’ jy vir die ander persoon – vermy dit dus asb op die blad sodat ander lede nie aanstoot neem nie. Moet tog asb ook nie té liggeraak wees nie – ons bewoon Planeet Aarde, nie ‘n volmaakte plek nie.

72.   Dit is jou plig om jou eie FB blad en inbokse te hanteer – indien enige lid van die blad vir jou onvanpaste boodskappe stuur, hetsy vir donasies of om aan te lê, blok die persoon asb dadelik! Jy kan ook asb ‘n afskrif van die ‘gesprek’ aan Pierre of Admin/Moderators stuur ter inligting sodat hul tred kan hou met die situasie..

73.   Probeer asb met elke kommentaar wat jy lewer, ‘n positiewe verskil in iemand anders se lewe te maak – jy weet nie of jy dalk die enigste een is wat ‘n geleentheid het om ‘n glimlag op ‘n ander persoon se gesiggie te sit en hulle gemoed bietjie ligter te maak nie? Ons versoek lede ook asb om nie enige skermgrepe van ander lede se FB blaaie op die blad te deel nie – dit veroorsaak onnodige wrywing en ander lede kan hul eie ondersoeke doen, sou hulle wil.

74.   Wanneer jy ‘n plasing doen en lede merk op dat hulle net ‘attachment unavailable’ sien, het dit te doen met jou eie ‘privacy settings’:

(a)  op jou Facebook blad is jou ‘privacy settings’ nie ‘Public’ nie, dit is ‘Friends’, slegs jou vriende kan jou plasings sien. Gaan na Facebook ‘settings’, kies ‘Privacy’ en verander dit na ‘Public’.

(b)  jou plasing is ‘n ‘share’ van ‘n ander Facebook blad wat nie ‘Public’ is nie. ‘Save’ die prentjie eers op jou PC en pos dit dan, moenie net probeer ‘share’ nie.

(c)   Onthou ... wanneer jy ‘n plasing ‘share’, kies altyd die ‘public’ opsie. Baie dankie aan Dirk Steyn vir dié inligting.

 

75.   Wat ‘n wonderlike voorreg om vir Brineel du Toit aan boord te hê… en te danke aan hom het ons die P@ selfoon ‘app’ teen ‘n uiters minimale prys van R13.99 elk … ja, ons is baie lede, maar wikkel bietjie jou breinspiere, dis nie net ‘soveel geld’ wat ingesamel word nie, die ‘app’ moet ook elke liewe maand aan die gang en op datum gehou en bygewerk word … en wie betaal dan? Want jy betaal tans slegs ‘n eenmalige bedrag maar die beskikbare inhoud word daagliks op datum gebring en elke maand se fooie word deur P@ gedek … so moenie kleinlik wees nie, waardeer hoe uiters professioneel al die inligting jou maak! Jy kan dit as volg op jou foon aflaai:

Android foon: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.app.pdwgszv
Iphone: https://www.pwastore.com/pwa/028037e3fd3f

76.   Laaste, maar nie die minste nie … respek, en sagte woorde, te alle tye!! Gee dus ook erkenning aan die oorspronklike person/blad waarvandaan jy enige informasie kry; as jy dus inligting plaas wat bv afkomstig is van PetMD se blad, sorg asseblief dat jy hul erkenning gee deur die skakel na daardie oorspronklike artikel ook te plaas.

Geniet jou reis en word deel van die verskil wat jy hopelik ook graag op Planeet Aarde wil sien!

Vriendelike groete – ‘PAY IT FORWARD’!
Pierre@EcoHealth.co.za © 11.01.2020

 

Back Back to top